Spring na inhoud

Broer Wasili Melesjko word uit die tronk vrygelaat en word deur sy vrou, Zoja, en hulle seun ontmoet. Kleiner foto: Wasili en Zoja

16 JULIE 2024
RUSLAND

Wasili Melesjko uit Russiese tronk vrygelaat

Wasili Melesjko uit Russiese tronk vrygelaat

Op 12 Julie 2024 is broer Wasili Melesjko uit die tronk vrygelaat. Hy is in 2021 skuldig bevind en het ’n tronkvonnis van drie jaar gekry.

Terwyl Wasili in die tronk was, is hy na ten minste sewe verskillende tronke oorgeplaas. Eenkeer is Wasili se vrou, Zoja, byna ’n maand lank nie laat weet waar hy is nie. Dit het haar baie bekommerd gemaak, aangesien hy verskeie gesondheidsprobleme het.

Zoja het vertel wat haar en Wasili gehelp het om die tyd wat hulle weg van mekaar was, te verduur. Sy het gesê: “Ons het besef dat Satan baie gelukkig sou wees as ons toelaat dat ons situasie ons huwelik affekteer en ons geestelik swak laat word.” Zoja het verder gesê: “Met dit in gedagte het ek en Wasili alles gedoen wat ons kon om ons verhouding met mekaar sterk te hou en na aan Jehovah te bly. Wasili het vir my baie mooi briewe geskryf wat my van sy liefde verseker het, en hy het nooit ’n geleentheid laat verbygaan om my geestelik op te bou nie.”

Ons is dankbaar dat Wasili weer saam met Zoja en hulle geliefdes is. Terwyl ons aanhou bid vir ons broers en susters wat in die tronk is vir hulle geloof, is ons oortuig dat Jehovah ons gedurende al ons moeilike tye sal ondersteun. – Psalm 55:22.