Spring na inhoud

’n Aardbewing in Indonesië veroorsaak verwoestende skade

23 NOVEMBER 2022
INDONESIË

Aardbewing tref Indonesië

Aardbewing tref Indonesië

Op 21 November 2022 het ’n aardbewing van 5,6 die binneland van Wes-Java, Indonesië, naby die stad Cianjur getref waar meer as 260 mense gesterf het en honderde beseer is. Baie mense is nog nie gevind nie, en duisende ander moes hulle huise verlaat. Wydverspreide kragonderbrekings maak kommunikasie baie moeilik.

Hoe ons broers en susters geraak is

  • Nie een van ons broers of susters het gesterf nie, en al 132 verkondigers in die gebied wat geraak is, is veilig

  • 5 huise is beskadig, maar nie te erg nie

  • Geen Koninkryksale of Byeenkomssale is beskadig nie

Noodlenigingspogings

  • Reëlings is getref sodat daar ’n verkondiger beskikbaar is vir elke bejaarde broer of suster wat hulle sal help as daar nog ’n aardbewing sou wees

  • ’n Noodlenigingskomitee is aangestel om die gemeentes by te staan

  • Kringopsieners besoek die gemeentes wat geraak is om hulle te vertroos en na hulle geestelike behoeftes om te sien

  • Al die noodlenigingswerk is in ooreenstemming met COVID-19-veiligheidsmaatreëls

Ons is oortuig dat Jehovah ons broers en susters sal vertroos in hierdie moeilike tye. – Psalm 50:15.