13 MEI 2024
BRASILIË
Swaar reën veroorsaak ongekende oorstromings in die suide van Brasilië
Vanaf 28 April 2024 het dit baie swaar gereën in die staat Rio Grande do Sul in die suide van Brasilië. Die swaar reën het lank aangehou wat wydverspreide oorstromings veroorsaak het. Paaie en brûe is beskadig, en baie gebiede het nie elektrisiteit nie. As gevolg hiervan was dit vir baie mense moeilik om te vlug. Daar word geskat dat meer as 2,1 miljoen mense hierdeur geraak is. Op die oomblik word meer as 125 mense vermis en het ten minste 147 mense gesterf.
Hoe ons broers en susters geraak is
Ongelukkig het 1 broer en 1 suster, ’n bejaarde getroude paartjie, gesterf
1 544 broers en susters het die gebied verlaat
2 huise is vernietig
155 huise is erg beskadig
483 huise is beskadig, maar nie te erg nie
3 Koninkryksale is erg beskadig
10 Koninkryksale is beskadig, maar nie te erg nie
Noodlenigingspogings
’n Noodlenigingskomitee (DRC) is aangestel om oor die noodlenigingswerk toesig te hou. Lede van die DRC het na die gebiede wat geraak is, gereis om te help om voorrade te versprei en om die broers en susters geestelik te ondersteun
Kringopsieners en plaaslike ouermanne gee die nodige geestelike en praktiese hulp aan dié wat deur die ramp geraak is
Getuiegesinne wat in veiliger dele van die land bly, voorsien tydelike blyplek aan broers en susters wat hulle huise moes verlaat
Terwyl die oorstromings en verwoesting voortduur, bid ons dat Jehovah sal aanhou om ’n “vesting in moeilike tye” vir ons broers en susters in Brasilië te wees. – Psalm 37:39.