Spring na inhoud

Fotogalery 1 van die Filippyne (Februarie 2014 tot Mei 2015)

Fotogalery 1 van die Filippyne (Februarie 2014 tot Mei 2015)

Jehovah se Getuies is besig met die oprigting van nuwe geboue asook die opknapping van bestaande fasiliteite by die Filippynse takkantoor in Quezon City. Aangesien lektuur vir die Filippyne nou deur die tak in Japan gedruk word, is die gewese drukkery omskep in ’n nuwe tuiste vir die Instandhoudingsafdeling, die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie (PKO), asook die Rekenaar-, Versendings- en Vertaalafdeling. Hierdie fotogalery beeld van die werk uit wat tussen Februarie 2014 en Mei 2015 aan die gewese drukkery en ander geboue gedoen is. Die projek behoort teen Oktober 2016 klaar te wees.

’n Voorstelling van die voltooide Filippynse takkantoor. Geboue en strukture wat opgerig of opgeknap word, sluit in:

  • Gebou 4 (Woning)

  • Gebou 5 (Diensafdeling, Oudio/Video)

  • Gebou 6 (Motorherstelwerk, Sweiswerk, Tuinuitleg)

  • Gebou 7 (Instandhouding, PKO, Rekenaar, Versending, Vertaling)

28 Februarie 2014​—Gebou 7

Tydelike werkers verpak nuwe veselglas-isolering om dit teen vog te beskerm. Hulle dra beskermende toerusting om velirritasies te voorkom.

2 April 2014​—Gebou 7

Werkers voltooi die plafon by die opname-ateljee vir Filippynse Gebaretaal. Die vierkantige gate in die plafon sal HVAC-verspreiers bevat sodat die lug eweredig deur die ateljee versprei kan word.

21 Oktober 2014​—Quezon City-perseel

Uitgrawings vir ’n gesentraliseerde, verkoelde waterstelsel. Die nuwe stelsel sal vir al die geboue by die takkantoor gebruik word.

19 Desember 2014​—Oorhoofse loopvlak verbind Geboue 1, 5 en 7

Die nuwe oorhoofse, toegeboude loopvlak sal al die vernaamste geboue met mekaar verbind, wat Gebou 1 insluit waar die eetkamer geleë is. Die loopvlak sal veral gerieflik wees vir die meer as 300 personeellede wat in Gebou 7 werk.

15 Januarie 2015​—Gebou 5

’n Vyftigton-hyskraan lig dakplate. Hyskrane van verskillende groottes word deur plaaslike kontrakteurs gebruik.

15 Januarie 2015​—Gebou 5A (Gemeenskaplike gebou)

Die tweevlak-gebou van 125 vierkante meter het twee ruskamers, ’n trap en ’n hysbak. Omdat die ruskamers en trap binne die gemeenskaplike gebou is, is daar addisionele ruimte in die aangrensende Gebou 5. Omdat die hysbak in die gemeenskaplike gebou is, en nie in Gebou 5 nie, voorkom dit steurnisse tydens oudio- en video-opnames.

15 Januarie 2015—Gebou 5A (Gemeenskaplike gebou)

Werkers installeer betonstaal onder beskutting teen die son se hitte. Gedurende Januarie is die temperatuur gedurende die dag gemiddeld 29 grade Celsius en in April is dit gemiddeld 34 grade Celsius.

5 Maart 2015​—Gebou 5

’n Span versterk dakkappe met hout. Ongeveer 800 stukke hardehout is vir Gebou 5 gebruik.

17 Maart 2015​—Gebou 5

Sement word met die hand gemeng vir ’n klein projek. Daar is ongeveer 100 werkers uit Australië, Frankryk, Japan, Kanada, Nieu-Seeland, Spanje, Suid-Korea, die Verenigde State en ander lande wat met die konstruksieprojek help.

25 Maart 2015​—Gebou 5

Dakstaal word op Gebou 5 aangebring, waar die Vertaalafdeling voorheen was. Die gebou word opgeknap sodat dit deur die Oudio/Video- en Diensafdeling gebruik kan word.

13 Mei 2015​—Gebou 5

’n Metaalwerker saag die stutte wat as raamwerk vir die kantoormure gaan gebruik word.