Spring na inhoud

Wie was die stigter van Jehovah se Getuies?

Wie was die stigter van Jehovah se Getuies?

 Die hedendaagse organisasie van Jehovah se Getuies het teen die einde van die 19de eeu begin. Destyds het ’n klein groepie Bybelstudente wat naby Pittsburgh, Pennsilvanië, in die Verenigde State, gewoon het, die Bybel stelselmatig begin ontleed. Hulle het die leerstellings van die kerke vergelyk met wat die Bybel werklik leer. Hulle het wat hulle geleer het, gepubliseer in boeke, koerante en die tydskrif wat nou bekend staan as Die Wagtoring—Kondig Jehovah se Koninkryk aan.

 Een van daardie opregte Bybelstudente was ’n man met die naam Charles Taze Russell. Hoewel Russell die leiding geneem het in die Bybelonderrigtingswerk wat destyds gedoen is en die eerste redakteur van Die Wagtoring was, was hy nie die stigter van ’n nuwe godsdiens nie. Russell en die ander Bybelstudente, soos die groep destyds genoem is, se oogmerk was om die leringe van Jesus Christus te bevorder en om die gebruike van die eerste-eeuse Christengemeente te volg. Aangesien Jesus die Stigter van die Christelike godsdiens is, beskou ons hom as die stigter van ons organisasie.—Kolossense 1:18-20.