Is God ’n Drie-eenheid?
Die Bybel se antwoord
Baie Christelike kerke leer dat God ’n Drie-eenheid is. Maar let op wat die Encyclopædia Britannica sê: “Nie die woord Drie-eenheid of die uitdruklike leerstelling kom in die Nuwe Testament voor nie . . . Die leerstelling het geleidelik oor etlike eeue heen en deur middel van talle geskille ontstaan.”
Trouens, die God van die Bybel word nooit as deel van ’n Drie-eenheid beskryf nie. Let op hierdie Skrifgedeeltes:
“Jehovah ons God is een Jehovah.”—Deuteronomium 6:4.
“U, wie se naam Jehovah is, u alleen [is] die Allerhoogste oor die hele aarde.”—Psalm 83:18.
“Dít beteken die ewige lewe, dat hulle kennis inneem van u, die enigste ware God, en van die een wat u uitgestuur het, Jesus Christus.”—Johannes 17:3.
“God is net één.”—Galasiërs 3:20.
Waarom sê die meeste Christelike kerke dat God ’n Drie-eenheid is?