Antwoorde op Bybelvrae
Waarom moet ons Jesus se dood herdenk?
Jesus se dood is die belangrikste gebeurtenis in die geskiedenis—hy het gesterf om menselewe te herstel tot wat dit moes wees. Die mens is nie geskep met ’n neiging om slegte dinge te doen, om siek te word of om te sterf nie (Genesis 1:31). Maar sonde het deur die eerste mens, Adam, in die wêreld ingekom. Jesus het sy lewe gegee om ons van sonde en die dood te red.—Lees Matteus 20:28; Romeine 6:23.
God het uitsonderlike liefde getoon deur sy Seun na die aarde te stuur om vir ons te sterf (1 Johannes 4:9, 10). Jesus het vir sy volgelinge gesê om sy dood te herdenk deur middel van ’n eenvoudige seremonie wat brood en wyn ingesluit het. As ons dit elke jaar doen, toon ons ons waardering vir die liefde wat God en Jesus getoon het.—Lees Lukas 22:19, 20.
Wie moet van die brood en die wyn gebruik?
Toe Jesus die eerste keer vir sy dissipels gesê het om sy dood te herdenk, het hy van ’n verbond, of ’n ooreenkoms, gepraat (Matteus 26:26-28). Dit het dit vir hulle en ’n beperkte aantal ander moontlik gemaak om konings en priesters saam met hom in die hemel te wees. Hoewel miljoene Jesus se dood herdenk, gebruik slegs diegene wat in daardie verbond is, van die brood en die wyn.—Lees Openbaring 5:10.
Jehovah kies al ongeveer 2 000 jaar lank diegene wat konings sal wees (Lukas 12:32). Hulle is min in vergelyking met diegene wat vir ewig op die aarde gaan woon.—Lees Openbaring 7:4, 9, 17.