Die lewe in Bybeltye—Musikante en hulle instrumente
Die lewe in Bybeltye—Musikante en hulle instrumente
“Loof [God] met horinggeskal. Loof hom met snaarinstrument en harp. Loof hom met tamboeryn en kringdans. Loof hom met snarespel en fluit. Loof hom met welluidende simbale. Loof hom met galmende simbale.”—PSALM 150:3-5.
MUSIEK en musikante speel al lank ’n baie belangrike rol in die aanbidding van Jehovah God. Byvoorbeeld, nadat Jehovah die Israeliete op wonderdadige wyse veilig deur die Rooisee gelei het, het Moses se suster, Mirjam, die vroue voorgegaan in sang en dans om die oorwinning te vier. Die dansers het tamboeryne gespeel terwyl hulle gedans het. Hierdie gebeurtenis toon hoe belangrik musiek vir die Israeliete was—hulle het kort tevore voor die Egiptiese leër gevlug, en tog het baie van die vroue hulle instrumente byderhand gehad, gereed om musiek te maak (Eksodus 15:20). Later het koning Dawid gereël dat duisende musikante hulle instrumente speel as deel van die aanbidding by die tabernakel. Hierdie reëling is voortgesit by die tempel wat sy seun Salomo gebou het.—1 Kronieke 23:5.
Waarvan is hierdie instrumente gemaak? Hoe het hulle gelyk? Watter klanke het hulle voortgebring? En wanneer is hulle gebruik?
Soorte musiekinstrumente
Die instrumente wat in die Bybel genoem word, is van kosbare hout, styfgespande dierevel, metaal en been gemaak. Party is met inlegwerk van ivoor versier. Snare is van plantvesel of die ingewande van diere gemaak. Hoewel byna geen eertydse instrumente tot in ons tyd behoue gebly het nie, bestaan daar wel nog prente van daardie instrumente.
1 Samuel 18:6, 7). Maar die belangrikste gebruik daarvan was in die aanbidding van die God wat hulle die gawe van musiek gegee het (1 Kronieke 15:16). Kom ons kyk na elke groep instrumente van naderby.
Die instrumente wat in Bybeltye gebruik is, kan in drie hoofklasse verdeel word: snaarinstrumente, soos die harp, die lier (1) en die luit (2); blaasinstrumente, soos die horing, of sjofar (3), die trompet (4), die uiters gewilde fluit, of pyp (5); slaginstrumente, soos die tamboeryn (6), die sistrum (7), simbale (8) en klokkies (9). Musikante het hierdie instrumente gespeel as begeleiding vir poëtiese liedere, lewendige danse en sang (Snaarinstrumente Die harp en die lier was ligte, draagbare instrumente met snare wat oor ’n houtraam gespan is. Dawid het ’n snaarinstrument gespeel om die versteurde gemoed van koning Saul te streel (1 Samuel 16:23). Hierdie instrumente is in die orkes by die toewyding van Salomo se tempel en by ander vreugdevolle geleenthede, soos feeste, gebruik.—2 Kronieke 5:12; 9:11.
Die luit was soortgelyk aan die harp, maar die vorm daarvan was gewoonlik anders. Dit het dikwels bestaan uit ’n raam wat ’n klankbord ingesluit het, waaroor ’n paar snare gespan is. Die trillende snare het melodiese klanke voortgebring wat moontlik soortgelyk was aan dié van die hedendaagse klassieke kitaar. Die snare is van inmekaargedraaide plantvesels of die ingewande van diere gemaak.
Blaasinstrumente Die Bybel verwys dikwels na hierdie instrumente. Een van die oudste blaasinstrumente is die Joodse horing, wat die sjofar genoem word. Hierdie uitgeholde ramshoring het harde, deurdringende klanke voortgebring. Die Israeliete het die sjofar gebruik om troepe tot oorlog op te roep en om die nasie tot optrede aan te spoor.—Rigters 3:27; 7:22.
’n Ander soort blaasinstrument was die metaalbuistrompet. ’n Dokument wat tussen die Dooie See-rolle gevind is, dui aan dat musikante ’n verbasend groot verskeidenheid klanke op hierdie instrument kon voortbring. Jehovah het Moses beveel om twee trompette van silwer vir gebruik by die tabernakel te maak (Numeri 10:2-7). Later, by die inwydingsfees van Salomo se tempel, het 120 trompette hulle kragtige klank gevoeg by die musiek wat by dié geleentheid gespeel is (2 Kronieke 5:12, 13). Vakmanne het trompette van verskillende lengtes gemaak. Party was selfs langer as 91 sentimeter van die mondstuk tot by die klokvormige beker.
’n Gewilde blaasinstrument wat deur die Israeliete gespeel is, was die fluit. Die vrolike, melodiese klank van hierdie instrument het diegene wat familiegesellighede, feeste en huweliksfeeste bygewoon het, in ’n opgeruimde gemoedstemming gebring (1 Konings 1:40; Jesaja 30:29). Die fluit se liriese stem kon ook by begrafnisse gehoor word, waar musikante liedere gespeel het wat deel van die rouritueel uitgemaak het (sien bladsy 14).—Matteus 9:23.
Slaginstrumente Wanneer die Israeliete feesgevier het, het hulle ’n verskeidenheid slaginstrumente gebruik. Die ritmiese klanke het gehelp om sterk emosies te wek. Die tamboeryn, wat van dierevel gemaak is wat styf oor ’n ronde houtraam gespan is, het ’n dowwe stampgeluid soos dié van ’n trom gemaak wanneer die musikant of danser dit met sy hand geslaan het. Wanneer die musikant die raam geskud het, het klokkies wat losserig daaraan geheg is, ritmies geklingel.
Nog ’n slaginstrument het as die sistrum bekend gestaan. Dit het ’n ovaalvormige metaalraam en ’n handvatsel gehad sowel as dwarsstukke met los metaalskyfies. Wanneer dit vinnig heen en weer geskud is, het ’n sistrum ’n harde klingelgeluid gemaak.
Bronssimbale het ’n selfs skerper klank gemaak. Simbale het uit twee plate van verskillende groottes bestaan. Groot galmende simbale is hard teen mekaar geslaan. Kleiner welluidende simbale is tussen twee vingers gespeel. Al twee instrumente het galmende klanke van verskillende klanksterktes voortgebring.—Psalm 150:5.
Die gebruik lewe voort
Vandag begin en eindig Jehovah se Getuies hulle vergaderinge vir aanbidding met musiek en sang. Die musiekopnames wat hulle by hulle groter byeenkomste speel, word deur ’n orkes gemaak wat hedendaagse weergawes van snaar-, blaas- en slaginstrumente gebruik.
Deur musiek en sang by hulle aanbidding in te sluit, volg die Getuies die voorbeeld van die eertydse Israeliete sowel as die eerste-eeuse Christene (Efesiërs 5:19). Soos God se knegte van Bybeltye, geniet Jehovah se Getuies dit vandag om digkuns en melodieë te kombineer om Jehovah te loof.
[Prente op bladsy 23]
(Instrumente nie volgens skaal nie)
(Sien publikasie)