Wees dankbaar vir die reën
Wees dankbaar vir die reën
REËN! Wat sal ons daarsonder doen? Te veel reën kan natuurlik rampspoedige oorstromings veroorsaak. En mense wat woon waar die klimaat of seisoene baie nat en koud is, geniet nie altyd die reën nie (Esra 10:9). Maar wat van die miljoene wat die meeste van die tyd warm, droë weer moet verduur? Wanneer die reëns uiteindelik kom, is dit tog te verfrissend!
Dit was die geval in Bybellande, soos die binneland van Klein-Asië, waar die apostel Paulus sendingwerk gedoen het. Terwyl hy daar was, het Paulus vir die eertydse Likaoniërs gesê: “[God het homself] nie sonder getuienis gelaat . . . nie deurdat hy goed gedoen het deur vir julle reëns uit die hemel en vrugbare tye te gee en julle harte geheel en al met voedsel en vrolikheid te vul” (Handelinge 14:17). Let daarop dat Paulus reën eerste genoem het, want daarsonder kan niks groei nie en sal daar geen “vrugbare tye” wees nie.
Die Bybel het baie te sê oor reën. Die Hebreeuse en Griekse woorde vir reën verskyn meer as honderd keer in die Bybel. Wil jy graag meer weet van die merkwaardige gawe van reën? Sal jy daarvan hou om terselfdertyd jou geloof in die wetenskaplike akkuraatheid van die Bybel te versterk?
Wat die Bybel oor reën sê
Jesus Christus het die aandag gevestig op ’n baie belangrike voorsiening waarsonder daar geen reën sou gewees het nie. “Julle Vader”, het Jesus gesê, “laat [sy son] opgaan oor goddeloses en goeies en . . . laat [dit] reën op regverdiges en onregverdiges” (Matteus 5:45). Het jy opgelet dat Jesus na die son verwys het voordat hy die reën genoem het? Dit is gepas, want die son verskaf nie net energie aan plante sodat hulle kan groei nie, maar hou ook die aarde se waterkringloop aan die gang. Ja, dit is die hitte van die son wat veroorsaak dat ongeveer 400 000 kubieke kilometer seewater elke jaar weens verdamping in waterdamp oorgaan. Omdat Jehovah God die son geskep het, word hy tereg die een genoem wat water optrek om reën te maak.
Die Bybel beskryf die waterkringloop en sê: “God . . . trek die waterdruppels op; hulle sypel deur as reën vir sy mis, sodat die wolke drup; hulle drup oorvloedig op die mensdom” (Job 36:26-28). In die duisende jare sedert daardie wetenskaplik akkurate woorde geskryf is, het die mens baie tyd gehad om die waterkringloop te probeer verstaan. “Daar is tans nie sekerheid oor presies hoe reëndruppels gevorm word nie”, sê die handboek Water Science and Engineering van 2003.
Wat wetenskaplikes wel weet, is dat reëndruppels gevorm word uit mikroskopiese deeltjies wat die kern van klein druppeltjies in die wolke word. Elkeen van hierdie druppeltjies moet ’n miljoen keer of meer in grootte toeneem om ’n enkele reëndruppel te vorm. Dit is ’n komplekse proses wat etlike ure kan neem. ’n Wetenskaphandboek, Hydrology in Practice, sê: “Daar is verskeie teorieë oor hoe wolkdruppeltjies groter word en reëndruppels vorm, en studies oor die besonderhede van verskeie voorgestelde prosesse neem nog steeds die aandag van navorsers in beslag.”
Job 38:28, 36, 37). Ongeveer 3 500 jaar later worstel wetenskaplikes nog steeds met hierdie moeilike vrae.
Die Skepper van die prosesse wat reën voortbring, kon sy kneg Job hierdie verootmoedigende vrae vra: “Is daar ’n vader vir die reën, of wie het die doudruppels gebaar? Wie het wysheid in die wolklae gelê? . . . Wie kan die wolke met wysheid noukeurig tel, of die waterkruike van die hemel—wie kan hulle laat kantel?” (Hoe werk die waterkringloop?
Griekse filosowe het die idee bevorder dat die bron van rivierwater nie reën is nie, maar seewater wat op die een of ander manier ondergronds na die top van die berge vloei en daar vars fonteinwater word. Volgens een Bybelkommentaar het Salomo so ’n siening gehuldig. Beskou Salomo se geïnspireerde woorde: “Al die winterstrome gaan uit na die see; tog is die see nie vol nie. Na die plek waar die winterstrome uitgaan, daarheen keer hulle terug om uit te gaan” (Prediker 1:7). Het Salomo werklik bedoel dat seewater op die een of ander manier ondergronds teen die berge opgevoer word om die bron van riviere te word? Om hierdie vraag te beantwoord, gaan ons kyk na wat Salomo se landgenote oor die waterkringloop geglo het. Het hulle valse idees geglo?
Minder as honderd jaar ná Salomo se dag het God se profeet Elia getoon dat hy weet uit watter rigting reën verwag kan word. In sy dag is die land meer as drie jaar lank deur ’n kwaai droogte geteister (Jakobus 5:17). Jehovah God het hierdie rampspoed oor sy volk gebring omdat hulle hom ten gunste van die Kanaänitiese reëngod, Baäl, verwerp het. Maar Elia het gehelp om die Israeliete tot berou te bring, en daarom was hy nou bereid om vir reën te bid. Terwyl hy gebid het, het Elia sy dienaar gevra om “in die rigting van die see” te kyk. Toe sy dienaar vir hom sê dat ‘’n klein wolkie soos ’n man se palm uit die see uit opkom’, het Elia geweet dat sy gebed verhoor is. Weldra het “die hemel donker geword van wolke en wind, en ’n groot stortreën het begin val” (1 Konings 18:43-45). So het Elia getoon dat hy bewus was van die waterkringloop. Hy het geweet dat wolke oor die see sou vorm en dan ooswaarts deur winde oor die Beloofde Land gewaai sou word. Tot vandag toe is dit nog hoe die land sy reën kry.
Ongeveer honderd jaar ná Elia se gebed vir reën het ’n nederige boer genaamd Amos ’n belangrike besonderheid omtrent die oorsprong Amos 5:6, 8). Amos het later hierdie wonderlike feit oor die waterkringloop en hoe dit werk, herhaal (Amos 9:6). So het Amos getoon dat die oseane die hoofbron van die aarde se reën is.
van die waterkringloop benadruk. Amos is deur God gebruik om teen die Israeliete te profeteer omdat hulle die armes onderdruk en valse gode aanbid het. Sodat hulle nie deur God om die lewe gebring word nie, het Amos hulle aangespoor om ‘Jehovah te soek en te bly lewe’. Toe het Amos verduidelik dat net Jehovah aanbid moet word, want hy is die Skepper, “die Een wat die waters van die see roep, sodat hy dit op die oppervlak van die aarde kan uitstort” (Hierdie feit is in 1687 wetenskaplik bewys deur Edmond Halley. Dit het egter ’n ruk geduur voordat ander Halley se bewyse aanvaar het. “Die idee dat daar ’n sirkulasiestelsel binne-in die aarde is, waardeur seewater na die bergtoppe vervoer en daar vrygestel word, het tot in die vroeë 18de eeu voortgeduur”, sê die Encyclopædia Britannica Online. Vandag is die waarheid omtrent die waterkringloop algemene kennis. Dieselfde bron verduidelik: “Die waters van die see verdamp, kondenseer dan in die atmosfeer, val op die aarde as neerslag en vloei uiteindelik in die riviere terug na die see.” Dit is dus duidelik dat Salomo se woorde oor die waterkringloop, wat in Prediker 1:7 opgeteken is, na dieselfde proses verwys waarby wolke en reën betrokke is.
Wat moet dit jou beweeg om te doen?
Die feit dat verskeie Bybelskrywers die waterkringloop so akkuraat beskryf het, is een van talle treffende bewyse dat die Bybel deur die mensdom se Skepper, Jehovah God, geïnspireer is (2 Timoteus 3:16). Dit is waar dat die mens se wanbestuur van die aarde blykbaar die weerpatrone ontwrig het, wat hewige oorstromings in party gebiede en droogtes in ander tot gevolg het. Maar die Skepper van die waterkringloop, Jehovah God, het lank gelede belowe dat hy uiteindelik sal ingryp en “die verderwers van die aarde [sal] verderf”.—Openbaring 11:18.
Hoe kan jy intussen jou waardering toon vir God se gawes, soos die reën? Jy kan dit doen deur sy Woord, die Bybel, te bestudeer en wat jy leer, in jou lewe toe te pas. Dan sal jy die hoop hê om behoue te bly tot in God se nuwe wêreld, waar jy al God se gawes vir ewig sal kan geniet. Ja, “elke goeie gawe en elke volmaakte geskenk” kom van die Bron van die reën, Jehovah God.—Jakobus 1:17.
[Diagram/Prent op bladsy 16, 17]
(Sien publikasie vir oorspronklike teksuitleg)
← ← KONDENSASIE ←
↓ ↑ ↑
NEERSLAG PLANTTRANSPIRASIE VERDAMPING
↓ AFVLOEIWATER ↑
GRONDWATER ↓
↓ → →
[Prente op bladsy 16]
Terwyl Elia gebid het, het sy dienaar “in die rigting van die see” gekyk