Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

VOORBLADONDERWERP | ENGELE—BESTAAN HULLE REGTIG? WAAROM DIT SAAK MAAK

Het jy ’n beskermengel?

Het jy ’n beskermengel?

Die Bybel leer nie dat elke mens ’n beskermengel het nie. Jesus het wel eenkeer gesê: “Sorg dat julle nie een van hierdie kleintjies [Christus se dissipels] verag nie; want ek sê vir julle dat hulle engele in die hemel altyd die aangesig aanskou van my Vader wat in die hemel is” (Matteus 18:10). Maar Jesus het nie bedoel dat elke persoon ’n beskermengel het nie. Hy het eerder bedoel dat engele regtig belangstel in elkeen van sy dissipels. Omdat ware aanbidders nie aanneem dat God se engele hulle sal beskerm nie, is hulle nie onverskillig en waaghalsig nie.

Beteken dit dat engele mense nie help nie? Nee (Psalm 91:11). Party mense is vas oortuig dat God engele stuur om hulle te beskerm en te help. Kenneth, wat in ’n vorige artikel genoem is, voel ook so. Ons kan nie met sekerheid sê nie, en dalk is hy reg. Jehovah se Getuies sien dikwels bewyse dat engele hulle in hulle predikingswerk help. Maar omdat engele onsigbaar is, weet ons nie presies hoe en wanneer God hulle gebruik om mense met verskillende probleme te help nie. Dit is egter nie verkeerd om vir die Almagtige dankie te sê vir enige ondersteuning wat hy ons dalk gegee het nie.—Kolossense 3:15; Jakobus 1:17, 18.