Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jy kan ewige seëninge van ’n liefdevolle God geniet

Jy kan ewige seëninge van ’n liefdevolle God geniet
  • Wil jy in ’n wêreld lewe sonder oorlog, geweld en verdeeldheid?

  • Wens jy dat siekte, swaarkry en die dood nie meer daar sal wees nie?

  • Wil jy graag vry wees van bekommernisse en angstigheid?

  • Wil jy in ’n plek bly waar daar nie natuurrampe is nie?

Ons liefdevolle God, die Skepper van ons pragtige planeet, het belowe om die mens ’n lewe te gee waar daar vir ewig vrede en gelukkige toestande sal wees. Dit is nie te goed om waar te wees nie.

In die volgende artikels sal ons kyk na:

  • Hoe ons Skepper oor ons voel

  • Wat God se boodskap aan ons is

  • Wat God se profete gesê het oor die seëninge wat hy belowe het

  • Hoe God ons sal help om nou en in die toekoms gelukkig te wees

Kom ons begin deur te kyk na al die dinge wat ons Skepper vir ons gegee het wat wys dat hy vir ons lief is.