Die uitdaging en vreugde om agt kinders in Jehovah se weë groot te maak
Lewensverhaal
Die uitdaging en vreugde om agt kinders in Jehovah se weë groot te maak
SOOS VERTEL DEUR JOYCELYN VALENTINE
In 1989 het my man in die buiteland gaan werk. Hy het belowe om geld huis toe te stuur sodat ek na my agt kinders kon omsien. Weke het verbygegaan, maar ek het niks van hom gehoor nie. Maande het verloop, en ek het nog steeds niks van my man gehoor nie. Ek het vir myself bly sê: ‘Sodra hy kan, sal hy huis toe kom.’
EK HET nie geld gehad om vir my gesin te sorg nie en het desperaat geword. Gedurende talle slapelose nagte het ek my in ongeloof afgevra: ‘Hoe kan hy dit aan sy gesin doen?’ Uiteindelik het ek die harde werklikheid aanvaar dat my man ons verlaat het. Dit is nou al sowat 16 jaar vandat hy weg is, en hy het nooit teruggekeer nie. Ek het my kinders dus sonder die hulp van ’n maat grootgemaak. Dit was moeilik, maar dit het my groot vreugde verskaf om te sien dat my kinders Jehovah se weë aanneem. Maar voordat ek vertel hoe ons as ’n gesin gevaar het, wil ek julle eers vertel hoe ek grootgemaak is.
My soeke na die Bybel se leiding
Ek is in 1938 op die Karibiese eiland Jamaika gebore. Hoewel my pa nooit aan ’n kerk behoort het nie, het hy homself as ’n godvresende man beskou. Saans het hy my dikwels gevra
om vir hom uit die Bybelboek Psalms te lees. Kort voor lank kon ek baie psalms uit die kop opsê. My ma was ’n lidmaat van ’n plaaslike kerk, en sy het my nou en dan na die dienste saamgeneem.By daardie dienste het ons gehoor dat God goeie mense hemel toe neem en slegte mense vir ewig in die helse vuur laat brand. Daar is ook vir ons gesê dat Jesus God is en dat hy lief is vir kinders. Ek het baie verward en bang geword vir God. Ek het gewonder: ‘Hoe kan ’n God wat lief is vir ons, mense in ’n vuur martel?’
Die gedagte aan die helse vuur het my nagmerries gegee. Later het ek ’n Bybelkorrespondensiekursus gevolg wat deur die Sewendedagadventiste aangebied is. Hulle het geleer dat goddelose mense nie vir ewig gefolter sou word nie, maar dat hulle eerder in die vlamme tot as verbrand sou word. Dit het redeliker geklink, en ek het hulle dienste begin bywoon. Maar ek het hulle leringe verwarrend gevind, en wat ek geleer het, het nie my verkeerde beskouings oor sedes reggestel nie.
Destyds het mense oor die algemeen aanvaar dat hoerery verkeerd is. Maar ek en baie ander het geglo dat net diegene wat baie seksmaats het, hoereerders is. Ons het dus nie gedink dat dit sonde is as twee ongetroude persone slegs met mekaar omgang het nie (1 Korintiërs 6:9, 10; Hebreërs 13:4). Hierdie opvatting het daartoe bygedra dat ek ’n ongehude ma van ses kinders geword het.
Geestelike vordering
In 1965 het Vaslyn Goodison en Ethel Chambers in die nabygeleë gemeenskap van Bath kom bly. Hulle was pioniers, of voltydse bedienaars van Jehovah se Getuies, en het eendag met my pa gepraat. Hy het hulle aanbod van ’n tuisbybelstudie aanvaar. As ek by die huis was wanneer hulle my pa besoek het, het hulle ook met my gepraat. Hoewel ek baie agterdogtig was oor Jehovah se Getuies, het ek besluit om die Bybel saam met hulle te studeer om hulle verkeerd te bewys.
Ek het baie vrae gedurende die studie gevra, en die Getuies het dit alles met behulp van die Bybel beantwoord. Met hulle hulp het ek uitgevind dat die dooies van niks bewus is en nie in die hel ly nie (Prediker 9:5, 10). Ek het ook geleer van die hoop om vir ewig in die Paradys op aarde te lewe (Psalm 37:11, 29; Openbaring 21:3, 4). Hoewel my pa sy Bybelstudie gestaak het, het ek vergaderinge by die plaaslike gemeente van Jehovah se Getuies begin bywoon. Die vreedsame en ordelike wyse waarop hierdie vergaderinge gehou is, het my in staat gestel om meer omtrent Jehovah te leer. Ek het ook kring- en streekbyeenkomste bygewoon, groter samekomste wat die Getuies gereël het. Hierdie blootstelling aan die Bybel het ’n sterk begeerte by my gewek om Jehovah op aanneemlike wyse te aanbid. Daar was egter ’n struikelblok.
Destyds het ek met die pa van drie van my ses kinders saamgebly. Ek het uit die Bybel geleer dat God geslagsomgang buite die huwelik veroordeel, en my gewete het my begin pla (Spreuke 5:15-20; Galasiërs 5:19). Namate my liefde vir die waarheid toegeneem het, het my begeerte gegroei om my lewe in ooreenstemming met God se wet te bring. Uiteindelik het ek ’n besluit geneem. Ek het vir die man met wie ek saamgebly het, gesê dat ons óf moet trou óf ons verhouding moet beëindig. Hoewel my metgesel nie dieselfde oortuigings as ek gehad het nie, is ons op 15 Augustus 1970 getroud, vyf jaar nadat die Getuies die eerste keer met my gesels het. In Desember 1970 het ek my toewyding aan Jehovah deur waterdoop gesimboliseer.
Ek sal nooit die eerste dag dat ek aan die predikingswerk deelgeneem het, vergeet nie. Ek was senuweeagtig en het nie geweet hoe om ’n Bybelbespreking te begin nie. Eintlik was ek verlig toe die eerste huisbewoner ons gesprek kortgeknip het. Maar ná ’n rukkie was ek nie meer gespanne nie. Teen die einde van die dag was ek baie bly, aangesien ek kort
Bybelgesprekkies met ’n hele paar mense gehad het en van ons Bybelpublikasies by hulle gelaat het.Ek probeer my gesin geestelik sterk hou
Teen 1977 was daar al agt kinders in ons gesin. Ek was vasbeslote om my gesin te help om Jehovah te dien (Josua 24:15). Ek het my dus ywerig ingespan om ’n gereelde gesinsbybelstudie te hou. Soms was ek so moeg dat ek aan die slaap geraak het terwyl een van die kinders ’n paragraaf hardop lees en moes die kinders my wakker maak. Maar fisiese moegheid het ons nooit daarvan weerhou om die Bybel as ’n gesin te studeer nie.
Ek het ook baie dikwels saam met my kinders gebid. Sodra hulle oud genoeg was, het ek hulle geleer om op hulle eie tot Jehovah te bid. Ek het seker gemaak dat hulle elkeen voor slapenstyd ’n persoonlike gebed doen. Ek het afsonderlik gebid saam met elke kind wat te jonk was om self te bid.
My man was eers daarteen gekant dat ek die kinders saamneem na gemeentelike vergaderinge. Maar die vooruitsig om na die kinders te kyk terwyl ek by die vergaderinge is, het sy teenstand laat afneem. Hy was lief daarvoor om saans uit te gaan en vir sy vriende te gaan kuier, maar om dit met agt kinders te doen, het hom nie aangestaan nie! Later het hy my selfs gehelp om die kinders reg te kry om Koninkryksaal toe te gaan.
Die kinders het gou daaraan gewoond geraak om alle gemeentelike vergaderinge by te woon en aan die openbare bediening deel te neem. Gedurende hulle somervakansie het hulle dikwels in die predikingswerk uitgegaan saam met die pioniers, of voltydse bedienaars, in die gemeente. Dit het my kinders gehelp om ’n hartgrondige liefde vir die gemeente en vir die predikingswerk te ontwikkel.—Matteus 24:14.
Tye van beproewing
Om meer geld vir die gesin te verdien, het my man na die buiteland begin reis om daar te gaan werk. Hy was lang tye weg van die gesin af, maar hy het gereeld teruggekom. In 1989 het hy egter weggegaan en nie weer teruggekom nie. Soos ek vroeër genoem het, het die Jesaja 54:4 en 1 Korintiërs 7:15 het my gemoedsrus gegee en die krag om met die lewe aan te gaan. Familielede en vriende in die Christengemeente het my ook emosioneel en materieel ondersteun. Ek is so dankbaar teenoor Jehovah en sy volk vir hulle hulp.
verlies van my man my verpletter. Ek het baie nagte lank gehuil en vurig tot Jehovah gebid vir vertroosting en hulp om te volhard, en dit het vir my gevoel asof hy my gebede verhoor het. Tekste soosOns het ook ander beproewinge gehad. Eenkeer is een van my dogters weens onskriftuurlike gedrag uit die gemeente gesit. Ek is baie lief vir al my kinders, maar my lojaliteit teenoor Jehovah kom eerste. Gedurende daardie tyd het ek en my ander kinders dus streng gebly by die Bybel se riglyne oor hoe om teenoor uitgesette mense op te tree (1 Korintiërs 5:11, 13). Ons is baie gekritiseer deur mense wat nie ons standpunt verstaan het nie. Maar nadat my dogter in die gemeente herstel is, het haar man vir my gesê dat die ferm standpunt wat ons vir Bybelbeginsels ingeneem het, hom beïndruk het. Hy dien Jehovah nou saam met sy gesin.
Ons bied finansiële probleme die hoof
Toe my man ons verlaat het, het ek nie ’n vaste inkomste gehad nie, en hy het ons gesin nie meer finansieel onderhou nie. Hierdie situasie het ons geleer om tevrede te wees met ’n eenvoudige lewe en om geestelike rykdom belangriker te ag as materiële strewes. Namate die kinders geleer het om mekaar lief te hê en te help, het hulle nader aan mekaar gekom. Toe die oueres begin werk het, het hulle gewilliglik die jongeres onderhou. My oudste dogter, Marseree, het haar jonger suster, Nicole, gehelp om haar basiese hoërskoolopleiding te voltooi. Ek het ook ’n klein kruidenierswinkeltjie gehad. Die beskeie inkomste daaruit het my gehelp om in party van ons materiële behoeftes te voorsien.
Jehovah het ons nooit verlaat nie. Eenkeer het ek vir ’n Christensuster gesê dat ons weens ons finansiële situasie nie die streekbyeenkoms sal kan bywoon nie. Sy het geantwoord: “Suster Val, as jy hoor van ’n byeenkoms, moet jy begin pak! Jehovah sal voorsien.” Ek het haar raad gevolg. Jehovah het voorsien, en hy het aangehou om te voorsien. Ons gesin het nog nooit van ’n byeenkoms weggebly omdat ons nie genoeg geld gehad het nie.
In 1988 het die orkaan Gilbert groot verwoesting in Jamaika aangerig, en ons moes ons huis verlaat en vir skuiling na ’n veiliger plek gaan. Gedurende ’n stilte in die storm het ek en my seun die skuilplek verlaat om te gaan kyk na die hoop rommel wat tevore ons huis was. Terwyl ons in die rommel rondgekrap het, het ek iets gesien wat ek wou red. Skielik het die wind weer begin waai, maar ek het nie my vonds neergesit nie. “Ma, sit neer die televisie. Is Ma Lot se vrou?” (Lukas 17:31, 32). Daardie opmerking van my seun het my weer tot besinning laat kom. Ek het die TV, wat sopnat was van die reën, neergegooi, en albei van ons het na veiligheid gehardloop.
Ek sidder nou as ek daaraan dink dat ek my lewe gewaag het vir ’n TV-stel. Maar dit verbly my hart wanneer ek dink aan die wakker geestelike opmerking wat my seun by daardie geleentheid gemaak het. Danksy die Bybelopvoeding wat hy van die Christengemeente ontvang het, kon hy my help om ernstige fisiese en dalk geestelike skade te vermy.
Die orkaan het ons huis en besittings verwoes, en dit het ons mismoedig gelaat. Toe het ons Christenbroers daar aangekom. Hulle het
ons aangemoedig om ons verlies met volle vertroue op Jehovah te aanvaar en om bedrywig te bly in die bediening, en hulle het ons ons huis help herbou. Daardie liefdevolle en selfopofferende werk wat deur Getuievrywilligers van Jamaika en ander lande gedoen is, het ons diep geraak.Ons stel Jehovah eerste
Nadat Melaine, my tweede kind, haar skoolloopbaan voltooi het, het sy as ’n pionier begin dien. Toe het sy ’n uitnodiging aanvaar om in ’n ander gemeente as ’n pionier te gaan dien, wat beteken het dat sy haar werk sou moes los. Hoewel daardie werk haar in staat gestel het om ons gesin finansieel van groot hulp te wees, het ons vertrou dat Jehovah na ons sou omsien as elkeen van ons Koninkryksbelange eerste stel (Matteus 6:33). Later het my seun, Ewan, ook ’n uitnodiging ontvang om as ’n pionier te dien. Hy het die gesin finansieel ondersteun, maar ons het hom aangemoedig om die uitnodiging te aanvaar en hom Jehovah se seën toegewens. Ek het die kinders nog nooit afgeraai om hulle Koninkryksdiens uit te brei nie, en dié van ons wat by die huis agtergebly het, het nooit gebrek gely nie. Ons vreugde het eerder groter geword, en by tye kon ons ander help wat behoeftig was.
Dit verskaf my vandag groot vreugde om te sien hoe my kinders “in die waarheid . . . wandel” (3 Johannes 4). Een van my dogters, Melaine, vergesel op die oomblik haar man in sy reisende bediening as ’n kringopsiener. My dogter, Andrea, en haar man dien as spesiale pioniers, en sy vergesel haar man wanneer hy gemeentes besoek as ’n waarnemende kringopsiener. My seun, Ewan, en sy vrou dien as spesiale pioniers, en hy is ’n gemeentelike ouer man. Nog ’n dogter, Ava-Gay, werk saam met haar man by die takkantoor van Jehovah se Getuies in Jamaika. Jennifer, Genieve en Nicole dien saam met hulle mans en kinders as bedrywige lede van hulle gemeentes. Marseree bly by my, en ons twee woon nou die vergaderinge van die Port Morant-gemeente by. My seëninge is groot, want al agt van my kinders gaan voort om Jehovah te aanbid.
Die verloop van tyd het vir my fisiese probleme meegebring. Ek ly nou weens gewrigsrumatiek, maar ek geniet dit nog steeds om as ’n gewone pionier te dien. ’n Rukkie gelede het ek egter begin sukkel om te stap in die heuwelagtige gebied waar ek bly. Dit was vir my moeilik om my bediening uit te voer. Ek het probeer fietsry en het dit makliker gevind as om te stap. Ek het dus ’n tweedehandse fiets gekoop en dit begin gebruik. Aanvanklik was dit moeilik vir my kinders om te sien hoe hulle ma, wat ’n rumatieklyer is, fietsry. Nogtans was hulle baie bly om te sien dat ek my hartsbegeerte vervul en met die predikingswerk voortgaan.
Dit verskaf my groot vreugde om te sien hoe mense met wie ek studeer het, Bybelwaarheid aanneem. Ek bid altyd dat Jehovah almal in my gesin sal help om in hierdie tyd van die einde en tot in ewigheid aan hom getrou te bly. Ek loof en dank Jehovah, die Groot “Hoorder van die gebed”, dat hy my in staat gestel het om die uitdaging die hoof te bied om my agt kinders in sy weë groot te maak.—Psalm 65:2.
[Prent op bladsy 10]
Saam met my kinders, hulle huweliksmaats en my kleinkinders
[Prent op bladsy 12]
Ek gebruik nou ’n fiets in my bediening