Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

‘Daar is werklik iemand daar bo’

‘Daar is werklik iemand daar bo’

‘Daar is werklik iemand daar bo’

’n Dertienjarige meisie in Nieu-Mexiko, VSA, het geskryf: “Gedurende ’n bespreking in die wetenskapklas oor evolusie het ek my uitgespreek oor al die bewyse dat daar ’n Skepper is. Ek het die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? vir my wetenskaponderwyser gegee om te lees en het verduidelik dat dit my gehelp het. Hy het my hartlik bedank en die boek geneem.

“ ’n Paar weke later het hy na my toe gekom en gesê dat hy die boek gelees het en dat dit een van die beste boeke is wat hy nog gelees het.

“Nie lank daarna nie het ’n leerling selfmoord gepleeg, ’n mooi 15-jarige meisie. Baie leerlinge het gehuil en was ontsteld toe hulle by die wetenskapklas instap. Tot my verbasing wou die onderwyser hê dat ons daaroor praat. Hy het begin deur te sê: ‘Weet julle wat my gehelp het om hierdie dood te verwerk?’ Hy het toe gesê dat dit is wat ek vir hom gedoen het. Hy het gesê: ‘Sy het vir my hierdie boekie Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? gebring. Dit het my gehelp om te besef dat daar werklik iemand daar bo is wat vir ons omgee, en dat hy na ons sal luister al luister niemand anders na ons nie!’ Dit het gelyk of sy woorde die klas gekalmeer en vertroos het.”

Wonder jy ooit of daar grondige wetenskaplike bewyse is wat op die bestaan van ’n Skepper dui? En indien wel, is daar rede om te glo dat hy vir ons omgee? Ons nooi jou om hierdie boeiende boek met 192 bladsye te lees.

Jy kan die koepon invul en dit na die adres op die koepon of na die gepaste adres op bladsy 5 van hierdie tydskrif pos.

□ Lewer asseblief die boek Is daar ’n Skepper wat vir jou omgee? by my af, sonder enige verpligting.

□ Tree asseblief met my in verbinding in verband met ’n gratis tuisbybelstudie.

[Foto-erkenning op bladsy 32]

J. Hester and P. Scowen (AZ State Univ.), NASA