Ons is een!
Laai af:
1. Hier kom nog ’n storm,
ons ken die tekens goed.
Nog winde van vervolging,
nog ’n vyand, nog ’n toets.
Met groot moed sal ons bly vasstaan,
want Jehovah staan naby.
So ‘geen wapen wat ons aanval’,
sal die oorhand oor ons kry!
(REFREIN)
Ons is een! Niks kan ons skei nie –
nie ’n land of wet of taal.
Ons staan vas en ons staan saam,
want Jehovah laat ons staan,
want Jehovah laat ons staan.
2. Ons wag met kalm vertroue,
want ons weet Jehovah sien.
Ons God van redding se liefde
sal vir ons deur als omring.
Hy sal nooit sy volk verlaat nie,
en sy gees versterk vir ons.
So geen vyand sal ons breek nie,
want ons behoort aan Hom.
(REFREIN)
Ons is een! Niks kan ons skei nie –
nie ’n land of wet of taal.
Ons staan vas en ons staan saam,
want Jehovah laat ons staan.
(OORGANG)
Maak nie saak wat kom nie,
ons sal niks of niemand vrees.
En ons almal het ons harte
aan Jehovah God gegee.
(REFREIN)
Ons is een! Niks kan ons skei nie –
nie ’n land of wet of taal.
Ons staan vas en ons staan saam,
want Jehovah laat ons staan,
want Jehovah laat ons staan.