VRAAG 6
Wat het die Bybel oor die Messias voorspel?
PROFESIE
“En jy, o Betlehem Efrata, . . . uit jou sal daar vir my die een kom wat heerser in Israel sal wees.”
VERVULLING
“Nadat Jesus in koning Herodes se tyd in Betlehem in Judea gebore is, het sterrevoorspellers uit die Ooste na Jerusalem toe gekom.”
PROFESIE
“Hulle verdeel my klere onder mekaar, en hulle werp die lot oor my klere.”
VERVULLING
“Toe die soldate Jesus aan die paal gehang het, het hulle sy bo-klere gevat en in vier dele verdeel . . . Hulle het ook die onderkleed gevat, maar dit het nie ’n naat gehad nie, omdat dit van bo tot onder aaneen geweef was. Daarom het hulle vir mekaar gesê: ‘Moet dit nie skeur nie. Kom ons werp die lot om te besluit wie dit sal kry.’”
PROFESIE
“Hy bewaar al sy bene, en nie een van hulle is gebreek nie.”
VERVULLING
“Maar toe hulle by Jesus kom, het hulle gesien dat hy alreeds dood is, en daarom het hulle nie sy bene gebreek nie.”
PROFESIE
“Hy is vir ons oortreding deurboor.”
VERVULLING
“Een van die soldate het ’n spies in Jesus se sy gesteek, en onmiddellik het bloed en water uitgekom.”
PROFESIE
“Hulle het my loon betaal: 30 silwerstukke.”
VERVULLING
“Toe het een van die Twaalf, die een wat Judas Iskariot genoem is, na die hoofpriesters toe gegaan en gevra: ‘Wat sal julle vir my gee om hom aan julle te verraai?’ Hulle het vir hom 30 silwerstukke aangebied.”