VRAAG 14
Hoe kan jy goed met jou geld werk?
“Die een wat agter plesier aanloop, sal arm word. Die een wat wyn en olie liefhet, sal nie ryk word nie.”
“Die lener is ’n slaaf van die man by wie hy leen.”
“Wie van julle wat ’n toring wil bou, gaan bereken nie eers die koste om te sien of hy genoeg het om dit te voltooi nie? Anders lê hy miskien die fondament daarvan, maar hy kan dit nie klaarmaak nie, en almal wat dit sien, sal hom begin spot en sê: ‘Hierdie man het begin bou, maar hy kon nie klaarmaak nie.’”
“Toe hulle genoeg geëet het, het hy vir sy dissipels gesê: ‘Maak die oorskietstukke bymekaar sodat niks gemors word nie.’”