Spreuke 20:1-30
20 Wyn maak mense belaglik;+ alkohol maak hulle lawaaierig,+en elkeen wat as gevolg daarvan van die regte pad afdwaal, is nie wys nie.+
2 ’n Koning veroorsaak net soveel vrees soos ’n leeu* wat brul.+
Die een wat hom kwaad maak, waag sy lewe.+
3 Dit bring vir ’n man eer as hy ’n stryery vermy,+maar elke dwaas raak betrokke daarby.+
4 Die luiaard ploeg nie in die winter nie.
Daarom sal hy in die oestyd bedel, wanneer hy niks het nie.*+
5 Die gedagtes* van ’n man se hart is soos diep waters,maar die man wat insig het, sal dit na die oppervlak bring.
6 Baie mense sê dat hulle lojale liefde het,maar wie kan ’n getroue man vind?
7 Die regverdige volg ’n weg van integriteit.*+
Gelukkig is sy kinders wat ná hom kom.+
8 Wanneer ’n koning op die troon sit om te oordeel,+stel hy ondersoek in en raak hy ontslae van alle goddeloosheid.*+
9 Wie kan sê: “Ek het my hart gereinig.+
Ek het geen sonde nie”?+
10 Valse gewigte en valse maathouers*
– albei is vir Jehovah afskuwelik.+
11 Deur sy dade wys ’n kindof sy gedrag rein en reg is.+
12 Die oor wat hoor en die oog wat sien– Jehovah het hulle al twee gemaak.+
13 Moenie slaap liefhê nie, want dan sal jy arm word.+
Maak jou oë oop, dan sal jy genoeg kos hê.+
14 “Dit is sleg, dit is sleg!” sê die koper.
Dan gaan hy weg en spog oor wat hy gekoop het.+
15 Daar is goud en ook baie korale,*maar die lippe van kennis is kosbaar.+
16 Neem ’n man se kleed as hy vir ’n vreemdeling borg gestaan het,+en as hy dit vir ’n onsedelike vrou* gedoen het, moet jy van sy besittings as sekuriteit neem.+
17 Kos wat oneerlik verkry is, smaak vir ’n man lekker,maar agterna sal sy mond vol klippies wees.+
18 As planne bespreek word, sal dit suksesvol wees,+en met wyse leiding moet jy jou oorlog voer.+
19 ’n Lasteraar praat oor vertroulike dinge.+
Moenie assosieer met iemand wat daarvan hou om te skinder nie.
20 As jy jou pa en jou ma vervloek,sal jou lamp uitgedoof word wanneer die duisternis kom.+
21 Rykdom wat deur gierigheid verkry word,sal op die ou end nie ’n seën wees nie.+
22 Moenie sê: “Ek sal jou terugbetaal vir wat jy aan my gedoen het!” nie.+
Hoop op Jehovah,+ en hy sal jou red.+
23 Valse gewigte* is vir Jehovah afskuwelik,en ’n bedrieglike weegskaal is nie goed nie.
24 ’n Mens se voetstappe word deur Jehovah gerig.+
Hoe kan ’n mens self weet waarheen hy moet gaan?*
25 Dit is vir ’n mens ’n strik om oorhaastig te belowe om iets aan God te gee+en eers later te dink aan wat hy belowe het.+
26 ’n Wyse koning sif die goddeloses uit+soos kaf van die koring geskei word.+
27 Die asem van die mens is die lamp van Jehovah.
Dit openbaar wat diep binne hom is.
28 Lojale liefde en getrouheid beskerm ’n koning.+
Deur lojale liefde staan sy troon vas.+
29 Die prag van jong manne is hulle krag,+en die versiering van ou manne is hulle grys hare.+
30 Kneusplekke en wonde verwyder goddeloosheid,+en ’n pak slae maak ’n mens se innerlike skoon.
Voetnote
^ Of “jong maanhaarleeu”.
^ Of moontlik “Hy sal in die oestyd soek, maar niks vind nie”.
^ Of “bedoelings”. Lett. “raad”.
^ Of “sif hy alle goddeloosheid met sy oë uit”.
^ Of “Twee verskillende gewigte en twee verskillende maathouers”.
^ Of “’n uitlander”.
^ Of “Twee verskillende gewigte”.
^ Of “sy eie weg verstaan”.