Psalms 9:1-20

  • God se wonderlike werke bekend gemaak

    • Jehovah, ’n veilige skuilplek (9)

    • Dié wat God se naam ken, vertrou op hom (10)

Vir die musiekleier: Op Mut-Labben.* ’n Melodie van Dawid. א [Alef] 9  Ek sal u loof, o Jehovah, met my hele hart,ek sal van al u wonderlike werke praat.+   Ek sal bly wees en van vreugde uitroep as gevolg van u. Ek sal liedere sing* om u naam te loof, o Allerhoogste.+ ב [Bet]   Wanneer my vyande terugtrek,+sal hulle struikel en voor u vernietig word.   Want u verdedig my regsaak met geregtigheid. U sit op u troon en oordeel met regverdigheid.+ ג [Gimel]   U het nasies bestraf+ en die goddeloses vernietigen hulle naam vir ewig en altyd uitgewis.   Die vyand is vir ewig verwoes. U het hulle stede weggevee,en daar sal nooit weer aan hulle gedink word nie.+ ה [He]   Maar Jehovah sit vir ewig op sy troon,+en hy het sy troon stewig gevestig vir geregtigheid.+   Hy sal die bewoonde aarde* in regverdigheid oordeel.+ Hy sal regverdige regsbesluite vir die nasies neem.+ ו [Waw]   Jehovah sal ’n veilige skuilplek* word vir dié wat onderdruk word,+’n veilige skuilplek in moeilike tye.+ 10  Dié wat u naam ken, sal op u vertrou.+ U sal nooit dié verlaat wat u dien* nie, o Jehovah.+ ז [Zajin] 11  Sing lofliedere vir Jehovah, wat in Sion woon,maak sy dade bekend onder die volke.+ 12  Want die Een wat hulle bloed wreek, onthou hulle.+ Hy sal nie die geroep vergeet van dié wat swaarkry nie.+ ח [Get] 13  Wees genadig teenoor my, o Jehovah, kyk hoe ek swaarkry as gevolg van dié wat my haat,u wat my oplig uit die poorte van die dood,+ 14  sodat ek u lofwaardige dade bekend kan maak in die poorte van die dogter van Sion,+en sodat ek bly kan wees oor u dade van redding.+ ט [Tet] 15  Die nasies het weggesink in die vanggat wat hulle gegrawe het. Hulle eie voet is gevang in die net wat hulle weggesteek het.+ 16  Jehovah word geken aan die oordeel wat hy voltrek.+ Die goddelose is verstrik in die werk van sy eie hande.+ Higgajon.* (Sela) י [Jod] 17  Die goddeloses sal terugtrek na die Graf,*al die nasies wat God vergeet. 18  Maar die armes sal nie vir altyd vergeet word nie,+en die hoop van die nederiges sal ook nooit verdwyn nie.+ כ [Kaf ] 19  Staan op, o Jehovah! Moenie toelaat dat die sterflike mens oorwin nie. Mag die nasies in u teenwoordigheid geoordeel word.+ 20  Laat hulle baie bang word, o Jehovah,+laat die nasies weet dat hulle maar net sterflike mense is. (Sela)

Voetnote

Of “musiek maak”.
Of “die vrugbare land”.
Of “veilige hoogte”.
Lett. “soek”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.