Psalms 20:1-9

  • Redding vir God se gesalfde koning

    • ‘Party vertrou op strydwaens en perde, maar ons roep Jehovah se naam aan’ (7)

Vir die musiekleier. ’n Melodie van Dawid. 20  Mag Jehovah jou antwoord in die dag van angs. Mag die naam van die God van Jakob jou beskerm.+   Mag hy vir jou hulp stuur uit die heiligdom+en jou ondersteun vanuit Sion.+   Mag hy al jou offergawes onthou. Mag hy jou brandoffer goedkeur en aanvaar.* (Sela)   Mag hy jou die begeertes van jou hart gee+en al jou planne* suksesvol maak.   Ons sal van vreugde uitroep as gevolg van u reddingsdade.+ Ons sal ons baniere in die naam van ons God hoog hou.+ Mag Jehovah al jou versoeke vervul.   Nou weet ek dat Jehovah sy gesalfde red.+ Hy antwoord hom vanuit sy heilige hemelmet groot reddingsdade* deur sy regterhand.+   Party vertrou op strydwaens en ander op perde,+maar ons roep die naam van Jehovah ons God aan.+   Hulle het inmekaargestort en geval,maar ons het opgestaan en is herstel.+   O Jehovah, red tog die koning!+ Hy sal ons antwoord op die dag dat ons om hulp roep.+

Voetnote

Lett. “as vet beskou”.
Of “raad”.
Of “oorwinnings”.