Psalms 16:1-11

  • Jehovah, Bron van goeie dinge

    • ‘Jehovah is my deel’ (5)

    • ‘My gedagtes wys my tereg in die nag’ (7)

    • ‘Jehovah aan my regterhand’ (8)

    • “U sal my nie in die Graf los nie” (10)

’n Miktam* van Dawid. 16  Beskerm my, o God, want ek het by u beskerming kom soek.+   Ek het vir Jehovah gesê: “U is Jehovah, my Bron van goeie dinge.   Die heiliges op die aarde,die magtiges, bring vir my groot vreugde.”+   Die mense wat ander gode volg, sal baie droefheid ondervind.+ Ek sal nooit hulle drankoffers van bloed uitgooi nie,en my lippe sal ook nie hulle name noem nie.+   Jehovah is my toegewese deel+ en my beker.+ U bewaar my erfdeel.   Aangename plekke is vir my uitgemeet. Ja, ek is baie tevrede met my erfdeel.+   Ek sal Jehovah loof, wat vir my raad gegee het.+ Selfs in die nag wys my diepste gedagtes* my tereg.+   Ek hou Jehovah heeltyd voor my.+ Omdat hy aan my regterhand is, sal ek altyd standvastig wees.*+   Daarom is my hart bly en is my hele wese* vreugdevol. En ek* woon in veiligheid. 10  Want u sal my* nie in die Graf* los nie.+ U sal nie toelaat dat u lojale kneg in die graf bly nie.*+ 11  U maak die pad van die lewe aan my bekend.+ In u teenwoordigheid* is daar oorvloedige vreugde.+ Daar is geluk* aan u regterhand, vir ewig.

Voetnote

Of “my diepste emosies”. Lett. “my niere”.
Of “nooit wankel nie”.
Lett. “my heerlikheid”.
Lett. “my vlees”.
Of “my siel”.
Of “Sjeool”. Sien Woordelys.
Of moontlik “begin ontbind nie”.
Of “Voor u aangesig”.
Of “aangenaamheid”.