Psalms 137:1-9
137 By die riviere van Babilon+ het ons gesit.
Ons het gehuil toe ons aan Sion gedink het.+
2 Aan haar* populierbomehet ons ons harpe opgehang.+
3 Want daar het dié wat ons gevange gehou het, ons gevra om ’n lied te sing.+
Dié wat ons gespot het, wou vermaak gehad het:
“Sing vir ons een van die liedere van Sion.”
4 Hoe kan ons die lied van Jehovah singin ’n vreemde land?
5 As ek jou sou vergeet, o Jerusalem,laat my regterhand dan vergeet hoe om enigiets te doen.*+
6 Laat my tong aan my verhemelte vassitas ek nie meer aan jou dink nie,as ek Jerusalem nie bomy grootste redes tot vreugde stel nie.+
7 Onthou, o Jehovah,wat die Edomiete gesê het op die dag toe Jerusalem geval het:
“Breek dit af! Breek dit af tot op die fondament!”+
8 O dogter van Babilon, wat binnekort vernietig sal word,+gelukkig sal die een wees wat jou terugbetaalvir wat jy aan ons gedoen het.+
9 Gelukkig sal die een wees wat jou kinders grypen hulle teen die rotse verpletter.+