Psalms 129:1-8
-
Aangeval, maar nie oorwin nie
-
Dié wat Sion haat, sal verneder word (5)
-
’n Lied van die opgange.
129 “Van my jong dae af het hulle my heeltyd aangeval”+– laat Israel dan sê –
2 “Van my jong dae af het hulle my heeltyd aangeval,+maar hulle het my nie oorwin nie.+
3 Manne het oor my rug geploeg.+
Hulle het lang ploegvore gemaak.”
4 Maar Jehovah is regverdig.+
Hy het die toue van die goddeloses stukkend gesny.+
5 Hulle sal verneder word en in skaamte terugtrek,almal wat Sion haat.+
6 Hulle sal soos gras bo-op die dakke word,wat verlep voordat dit uitgetrek is,
7 wat nie die hand kan vul van die een wat oes nie,en ook nie die arms van die een wat graanbondels insamel nie.
8 Geen verbyganger sal sê:
“Mag die seën van Jehovah op julle wees.
Ons seën julle in die naam van Jehovah.”