Psalms 114:1-8

  • Israel se verlossing uit Egipte

    • See het gevlug (5)

    • Berge het soos ramme rondgehuppel (6)

    • Vuurkliprots in waterfontein verander (8)

114  Toe Israel uit Egipte getrek het,+toe die huis van Jakob ’n volk verlaat het wat ’n vreemde taal praat,   het Juda sy heiligdom* geworden het Israel die gebied geword waaroor hy regeer.+   Die see het dit gesien en gevlug.+ Die Jordaanrivier het teruggedraai.+   Die berge het rondgehuppel soos ramme,+die heuwels soos lammers.   Wat het jou laat vlug, o see?+ Hoekom het jy teruggedraai, o Jordaanrivier?+   Hoekom het julle rondgehuppel soos ramme, o berge,soos lammers, o heuwels?   Bewe, o aarde, as gevolg van die Here,as gevolg van die God van Jakob,+   wat die rots in ’n waterpoel vol riete verander,die klipharde rots* in waterfonteine.+

Voetnote

Of “heilige plek”.
Of “die vuurkliprots”.