Psalms 113:1-9
113 Loof Jah!*
Bring lof, o knegte van Jehovah,loof die naam van Jehovah.
2 Mag Jehovah se naam geloof word,van nou af en tot in alle ewigheid.+
3 Laat Jehovah se naam geloof wordvan die sonsopkoms tot die sonsondergang.+
4 Jehovah is hoog bo al die nasies.+
Sy heerlikheid is bo die hemel.+
5 Wie is soos Jehovah ons God,+die Een wat in die hoogtes woon?*
6 Hy buig neer om na die hemel en die aarde te kyk,+
7 en hy tel die hulpelose uit die stof uit op.
Hy haal die een wat arm is, van die ashoop* af+
8 om hom by die heersers te laat sit,by die heersers van sy volk.
9 Hy gee die onvrugbare vrou ’n huisen maak haar ’n gelukkige moeder met kinders.*+
Loof Jah!*
Voetnote
^ Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.
^ Of “op die troon sit”.
^ Of moontlik “vullishoop”.
^ Lett. “seuns”.
^ Of “Halleluja!” “Jah” is ’n verkorte vorm van die naam Jehovah.