Psalms 110:1-7

  • Koning en priester soos Melgisedek

    • ‘Onderwerp jou vyande’ (2)

    • Gewillige jongmense soos doudruppels (3)

Van Dawid. ’n Melodie. 110  Jehovah het vir my Here gesê: “Sit aan my regterhand+totdat ek jou vyande ’n voetbank vir jou voete maak.”+   Jehovah sal die septer van u mag vanuit Sion uitstrek en sê: “Gaan tussen jou vyande in en onderwerp hulle.”+   U volk sal hulle gewillig aanbied op die dag dat u leërmag uitgaan.* In pragtige heiligheid, teen dagbreek,*kom u geselskap van jong manne net soos doudruppels.   Jehovah het ’n eed gesweer, en hy sal nie van gedagte verander* nie: “Jy is vir ewig ’n priester+soos Melgiseʹdek!”+   Jehovah sal aan u regterhand wees.+ Hy sal konings vernietig op die dag van sy woede.+   Hy sal die nasies oordeel en straf.*+ Hy sal die land met lyke vul.+ Hy sal die leier* van ’n groot land* vernietig.   Hy* sal drink uit die stroom langs die pad. Daarom sal hy sy kop hoog hou.

Voetnote

Of “op die dag van u militêre mag”.
Lett. “uit die moederskoot van die dagbreek”.
Of “spyt voel”.
Of “oordeel voltrek onder die nasies”.
Lett. “hoof”.
Of “die hele aarde”.
Verwys na “my Here” in vs. 1.