Levitikus 6:1-30

  • Meer oor skuldoffer (1-7)

  • Instruksies oor offers (8-30)

    • Die brandoffer (8-13)

    • Die graanoffer (14-23)

    • Die sonde-offer (24-30)

6  Jehovah het verder vir Moses gesê:  “As iemand sondig en ontrou is aan Jehovah+ deur sy naaste te bedrieg in verband met iets wat aan hom toevertrou is+ of wat vir hom gegee is om te bewaar, of as hy sy naaste beroof of uitbuit,  of as hy iets vind wat weggeraak het en daaroor lieg, en as hy vals sweer oor enige soortgelyke sonde wat hy gepleeg het,+ moet hy die volgende doen:  As hy gesondig het en skuldig is, moet hy teruggee wat hy gesteel het, wat hy van iemand afgepers het, wat hy deur bedrog geneem het, wat aan hom toevertrou was of wat weggeraak het en wat hy gevind het,  of enigiets waaroor hy vals gesweer het. Hy moet die volle vergoeding betaal daarvoor,+ en hy moet ’n vyfde van die waarde daarvan byvoeg. Hy moet dit aan die eienaar gee op die dag dat sy skuld bewys word.  En hy moet as sy skuldoffer vir Jehovah ’n skaapram sonder gebrek uit die kleinvee, volgens die vasgestelde waarde, as ’n skuldoffer+ na die priester toe bring.  Die priester moet vir hom versoening doen voor Jehovah, en hy sal vergewe word vir enigiets wat hy gedoen het waardeur hy skuldig geword het.”+  Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê:  “Beveel Aäron en sy seuns en sê: ‘Dít is die wet van die brandoffer:+ Die brandoffer moet die hele nag lank tot die oggend toe op die vuur op die altaar bly, en die vuur moet op die altaar aan die brand gehou word. 10  Die priester moet sy ampsdrag van linne+ aantrek, en hy moet die kortbroek* van linne+ aantrek om sy kaal liggaam* te bedek. Dan moet hy die as*+ van die brandoffer wat deur die vuur op die altaar verteer is, verwyder en dit langs die altaar sit. 11  Daarna moet hy sy klere uittrek+ en ander klere aantrek en die as na ’n rein plek buite die kamp neem.+ 12  Die vuur op die altaar moet aan die brand gehou word. Dit mag nie doodgaan nie. Die priester moet elke oggend hout daarop brand+ en die brandoffer daarop regsit, en hy moet die vet van die vrede-offers* daaroor laat rook.+ 13  Die vuur op die altaar moet voortdurend aan die brand gehou word. Dit mag nie doodgaan nie. 14  “‘En dít is die wet van die graanoffer:+ Julle, die seuns van Aäron, moet dit voor Jehovah voor die altaar aanbied. 15  Een van hulle moet ’n hand vol neem van die fynmeel van die graanoffer en van die olie en al die wierook wat op die graanoffer is, en hy moet dit as ’n simbool van die hele offer op die altaar laat rook as ’n aangename* geur vir Jehovah.+ 16  Aäron en sy seuns moet eet wat daarvan oorbly.+ Dit moet as ongesuurde brood op ’n heilige plek geëet word. Hulle moet dit in die voorhof van die tent van samekoms eet.+ 17  Dit mag nie met suurdeeg gemaak word nie.+ Ek het dit as hulle deel uit my vuuroffers gegee.+ Dit is iets besonder heiligs,+ soos die sonde-offer en soos die skuldoffer. 18  Elke man onder die seuns van Aäron sal dit eet.+ Dit is in al julle geslagte ’n permanente voorsiening vir hulle uit Jehovah se vuuroffers.+ Alles wat daaraan* raak, sal heilig word.’” 19  Jehovah het verder vir Moses gesê: 20  “Dít is die offer wat Aäron en sy seuns vir Jehovah moet aanbied op die dag waarop hy gesalf word:+ ’n tiende van ’n efa*+ fynmeel as ’n gereelde graanoffer,+ die helfte daarvan in die oggend en die helfte daarvan in die aand. 21  Dit moet met olie op ’n bakplaat gemaak word.+ Dit moet goed met olie gemeng wees wanneer jy dit bring, en dit moet aangebied word in stukkies en as iets wat gebak is, as ’n graanoffer met ’n aangename* geur vir Jehovah. 22  Elke nakomeling van Aäron wat hom as gesalfde priester opvolg,+ moet dit maak. Dít is ’n permanente wetsvoorskrif: Dit moet as ’n heeloffer vir Jehovah in rook opgaan. 23  Elke graanoffer van ’n priester moet ’n heeloffer wees. Dit mag nie geëet word nie.” 24  Jehovah het verder met Moses gepraat en gesê: 25  “Sê vir Aäron en sy seuns: ‘Dít is die wet van die sonde-offer:+ Op die plek waar die brandoffer geslag word,+ moet die sonde-offer ook voor Jehovah geslag word. Dit is iets wat besonder heilig is. 26  Die priester wat dit vir die sonde offer, moet dit eet.+ Dit moet op ’n heilige plek geëet word, in die voorhof van die tent van samekoms.+ 27  “‘Alles wat aan die vleis daarvan raak, sal heilig word, en wanneer iemand van die bloed daarvan op sy kleed spat, moet jy die kleed waarop die bloed gespat is, op ’n heilige plek was. 28  Die kleihouer waarin dit gekook is, moet stukkend gebreek word. Maar as dit in ’n koperhouer gekook is, moet die houer geskuur en met water gewas word. 29  “‘Al die mans onder die priesters mag dit eet.+ Dit is iets besonder heiligs.+ 30  Maar geen sonde-offer mag geëet word as van die bloed in die tent van samekoms ingebring word om in die heiligdom versoening te doen+ nie. Dit moet met vuur verbrand word.

Voetnote

Lett. “vlees”.
Of “vetterige as”, d.w.s. as wat met die vet van die offerandes deurdrenk is.
Of “onderklere”.
Of “gemeenskapsoffers”.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.
Of “aan die offers”.
’n Tiende van ’n efa was gelyk aan 2,2 l. Sien Aanh. B14.
Of “kalmerende”. Lett. “rustige”.