Job 39:1-30

  • Diereskepping wys hoe min mens weet (1-30)

    • Bergbokke en takbokke (1-4)

    • Die wildedonkie (5-8)

    • Die wilde bul (9-12)

    • Die volstruis (13-18)

    • Die perd (19-25)

    • Die valk en die arend (26-30)

39  “Weet jy wanneer die bergbokke geboorte gee?+ Het jy gesien hoe takbokke aan hulle kleintjies geboorte gee?+   Tel jy die maande af wat hulle dragtig is? Weet jy wanneer hulle moet lam?   Hulle hurk wanneer hulle geboorte gee,en hulle geboortepyne kom tot ’n einde.   Hulle kleintjies word sterk en word groot in die oop veld. Hulle gaan weg en keer nie na hulle toe terug nie.   Wie het die wildedonkie* vrygelaat,+en wie het die toue van die wildedonkie losgemaak?   Ek het hom die woestyn gegee om in te bly,en die soutvlakte as sy woonplek.   Die geraas van die stad raak hom nie. Hy hoor nie die uitroepe van die drywer nie.   Hy dwaal rond op die heuwels op soek na weiding. Hy soek na elke groen plant.   Sal die wilde bul jou dien?+ Sal hy in jou stal oornag? 10  Kan jy ’n wilde bul met toue vasmaak sodat hy vir jou sal ploeg,of sal hy agter jou aanloop om in die vallei te ploeg? 11  Sal jy op sy groot krag vertrouen hom jou swaar werk laat doen? 12  Sal jy op hom staatmaak om jou oes in te bring,en sal hy dit na jou dorsvloer neem? 13  Die vlerke van die volstruis klap vrolik. Maar kan haar vlerke en vere met die ooievaar s’n vergelyk word?+ 14  Want sy laat haar eiers op die grond lê,en sy hou hulle in die stof warm. 15  Sy vergeet dat ’n voet hulle kan breekof dat ’n wilde dier op hulle kan trap. 16  Sy behandel haar kleintjies hard, asof hulle nie aan haar behoort nie.+ Sy is nie bang dat haar moeite dalk tevergeefs sal wees nie. 17  Want God het nie vir haar wysheid gegee nie,*en hy het ook nie vir haar verstand gegee nie. 18  Maar wanneer sy haar vlerke klap en begin hardloop,lag sy die perd en sy ruiter uit. 19  Het jy vir die perd sy krag gegee?+ Het jy sy nek met maanhare bedek? 20  Kan jy hom soos ’n sprinkaan laat spring? Sy trotse gesnuif is skrikwekkend.+ 21  In die vallei kap hy die grond met sy pote, en hy trippel rond.+ Hy storm in die geveg in.+ 22  Hy weet nie wat dit is om bang te wees nie.+ Hy hardloop nie weg vir die swaard nie. 23  Hy hoor die geskud van die pyle in die pylkoker. Die spies en die werpspies blink in die son. 24  Hy bewe van opgewondenheid en spring vorentoe.* Hy kan nie stilstaan wanneer hy die geluid van die horing hoor nie.* 25  Sodra daar op die horing geblaas word, runnik hy. Van ver af ruik hy die gevegen hoor hy die oorlogskreet en die geskree van die bevelvoerders.+ 26  Is dit deur jou insig dat die valk sweef,dat hy sy vlerke na die suide toe uitsprei? 27  Of is dit op jou bevel dat ’n arend opvlieg+en sy nes op ’n hoë plek bou,+ 28  dat hy op ’n krans oornagen in ’n veilige plek op ’n hoë krans woon? 29  Van daar af soek hy na kos.+ Sy oë kyk in die verte. 30  Sy kleintjies slurp bloed op,en waar die lyke is, daar is hy.”+

Voetnote

Of “onager”.
Lett. “het haar wysheid laat vergeet”.
Lett. “verslind die grond”.
Of moontlik “Hy glo nie die geluid van die horing nie”.