Job 35:1-16

  • Elihu wys dat Job se redenasie verkeerd is (1-16)

    • Job het gesê dat hy regverdiger is as God (2)

    • God so hoog, nie deur sonde benadeel nie (5, 6)

    • Job moet op God wag (14)

35  Eliʹhu het verder gesê:   “Is jy so oortuig dat jy reg is dat jy sou sê: ‘Ek is regverdiger as God’?+   Want jy sê: ‘Dit maak tog nie vir u* saak nie. Is ek beter af omdat ek nie gesondig het nie?’+   Ek sal vir jouen jou vriende+ ’n antwoord gee.   Kyk op na die hemel. Kyk na die wolke,+ wat ver bo jou is.   Hoe benadeel dit God as jy sondig?+ Wat doen dit aan hom as jy baie sondes pleeg?+   Hoe help dit hom as jy doen wat reg is? Wat ontvang hy van jou?+   Net mense word deur jou sondes geraak,en net mense word deur jou regverdigheid geraak.   Mense roep uit wanneer hulle onderdruk word. Hulle roep uit om bevry te word van die mag* van die sterkes.+ 10  Maar niemand sê: ‘Waar is God, my Groot Skepper,+wat mense liedere in die nag laat sing?’ nie.+ 11  Hy gee meer kennis+ aan ons as aan die diere van die aarde,+en hy maak ons wyser as die voëls van die hemel. 12  Mense roep uit, maar hy antwoord nie,+as gevolg van die trots van die goddeloses.+ 13  God hoor beslis nie ’n leë uitroep* nie.+ Die Almagtige skenk geen aandag daaraan nie. 14  Wat nog te sê as jy kla dat hy jou ignoreer!+ Jou regsaak is voor hom, en daarom moet jy op hom wag.+ 15  Want hy het nie kwaad geword en jou gestraf nie. En hy hou dit nie teen jou dat jy gepraat het sonder om te dink nie.+ 16  Job maak sy mond verniet wyd oop. Hy praat baie, maar sonder kennis.”+

Voetnote

Verwys moontlik na God.
Lett. “arm”.
Of “’n leuen”.