Job 23:1-17
23 Job het toe geantwoord:
2 “Ek aanvaar dit nie. Ek gaan nog steeds kla.+
Ek is uitgeput van al die swaarkry.
3 As ek net geweet het waar ek God kon vind!+
Dan sou ek na sy woonplek gaan.+
4 Ek sou my saak aan hom stel,en ek sou my verdedig.
5 Ek sou sy antwoord hoor
en aandag skenk aan wat hy vir my sê.
6 Sou hy sy groot krag teen my gebruik?
Nee, hy sou sekerlik na my luister.+
7 Daar sal die opregtes sake met hom kan regstel,en ek sou eens en vir altyd onskuldig verklaar word deur my Regter.
8 Maar as ek na die ooste gaan, is hy nie daar nie.
En as ek na die weste gaan, kan ek hom ook nie vind nie.
9 Wanneer hy aan die linkerkant werk, kan ek hom nie sien nie,en wanneer hy regs draai, sien ek hom nog steeds nie.
10 Maar hy weet watter pad ek gekies het.+
Nadat hy my getoets het, sal ek soos suiwer goud wees.+
11 Ek het sy voetstappe noukeurig gevolg.
Ek het op sy weg gebly sonder om af te dwaal.+
12 Ek het alles gedoen wat hy gesê het.
Ek het sy woorde as ’n skat bewaar,+ selfs meer as wat van my vereis is.
13 Wie kan hom keer as hy vasbeslote is om iets te doen?+
Wanneer hy iets wil doen, dan doen hy dit.+
14 Hy sal alles doen wat hy oor my besluit het,en hy het nog baie sulke dinge in gedagte.
15 Daarom voel ek angstig as gevolg van hom.
Wanneer ek aan hom dink, raak ek al hoe banger.
16 God het my moed gebreek.
Die Almagtige het my bang gemaak.
17 Maar ek is nog nie stilgemaak deur die duisternis nie,en ook nie deur die donkerte wat my gesig bedek het nie.