Jesaja 39:1-8

  • Boodskappers uit Babilon (1-8)

39  In daardie tyd het die koning van Babilon, Meroʹdag-Baʹladan, die seun van Baʹladan, briewe en ’n geskenk aan Hiskiʹa gestuur,+ want hy het gehoor dat hy siek was en gesond geword het.+  Hiskiʹa het hulle verwelkom en vir hulle sy skathuis+ gewys – die silwer, die goud, die balsemolie en ander kosbare olie, sy hele wapenhuis en alles wat in sy skatkamers was. Daar was niks in sy paleis en in sy hele ryk wat Hiskiʹa nie vir hulle gewys het nie.  Daarna het die profeet Jesaja na koning Hiskiʹa gegaan en vir hom gevra: “Wat het hierdie manne gesê, en waarvandaan het hulle gekom?” Toe het Hiskiʹa gesê: “Hulle het van ’n ver land gekom, van Babilon.”+  Hy het toe gevra: “Wat het hulle in jou paleis gesien?” Hiskiʹa het gesê: “Hulle het alles in my paleis gesien. Daar was niks in my skatkamers wat ek nie vir hulle gewys het nie.”  Jesaja het toe vir Hiskiʹa gesê: “Hoor die woord van Jehovah van die leërmagte:  ‘Die tyd kom wanneer alles in jou paleis en alles wat jou voorvaders tot vandag toe opgegaar het, na Babilon weggedra sal word. Daar sal niks oorbly nie,’+ sê Jehovah.+  ‘En party van jou seuns wat nog gebore sal word, sal weggeneem word en sal hofbeamptes in die paleis van die koning van Babilon word.’”+  Toe het Hiskiʹa vir Jesaja gesê: “Die woord van Jehovah wat u oorgedra het, is goed.” Hy het bygevoeg: “Want daar sal vrede en stabiliteit* in my leeftyd wees.”+

Voetnote

Of “waarheid”.