Jesaja 32:1-20
32 Kyk! ’n Koning+ sal in regverdigheid regeer,+en prinse* sal in geregtigheid heers.
2 En elkeen sal soos ’n skuilplek teen die winden ’n skuiling teen die reënstorm wees,soos waterstrome in ’n waterlose land,+soos die skaduwee van ’n groot rots in ’n dorre land.
3 Dan sal die oë van dié wat sien, nie meer toe wees nie,en die ore van dié wat hoor, sal aandag skenk.
4 Impulsiewe mense sal nadink oor die kennis wat hulle verkry,en dié wat hakkel, sal vlot en duidelik praat.+
5 Die verstandelose sal nie meer vrygewig genoem word nie,en die beginsellose man sal nie gerespekteer word nie,
6 want die verstandelose sal onsin praat,en sy hart sal skadelike planne beraam,+om afvalligheid te bevorder* en om leuens oor Jehovah te vertel,om die een wat honger is, honger te laat lyen om die een wat dors is, dors te laat ly.
7 Die weë van die beginsellose man is sleg.+
Hy bevorder skandelike gedragom die hulpelose met leuens te vernietig,+selfs wanneer die arme reg is.
8 Maar die vrygewige persoon het goeie bedoelings,en hy hou aan om vrygewig te wees.*
9 “Staan op en luister na my stem, oorgeruste vroue!
Skenk aandag aan wat ek sê, sorgelose dogters!+
10 Oor bietjie meer as ’n jaar sal julle wat sorgeloos is, paniekbevange wees,want aan die einde van die druiwe-oes sal daar geen vrugte ingesamel wees nie.+
11 Bewe, julle oorgeruste vroue!
Bewe van vrees, julle wat sorgeloos is!
Trek julle klere uiten sit saklinne om julle heupe.+
12 Slaan op julle bors van hartseeroor die pragtige landerye en die vrugbare wingerde.
13 Want die grond van my volk sal vol dorings en dissels wees.
Dit sal al die huise toegroei wat voorheen vol vrolikheid was,ja, die hele vreugdevolle stad.+
14 Want die versterkte toring is verlate.
Die lawaaierige stad is leeg.+
Ofel+ en die wagtoring het ’n permanente wildernis geword,’n paradys vir die wildedonkies,’n weiveld vir die kuddes.+
15 Dit sal so wees totdat die gees van bo af oor ons uitgestort word+en die wildernis ’n vrugteboord worden die vrugteboord as ’n woud beskou word.+
16 Dan sal daar geregtigheid in die wildernis wees,en regverdigheid in die vrugteboord.+
17 Die resultaat van ware regverdigheid sal vrede wees,+en die gevolg van ware regverdigheid sal blywende kalmte en veiligheid wees.+
18 My volk sal in ’n vreedsame plek woon,in veilige plekke waar daar kalmte en rus is.+
19 Maar die hael sal die woud platslaan,en die stad sal met die grond gelykgemaak word.
20 Gelukkig is julle wat saad saai waar daar ook al water is,wat die bul en die donkie vry laat loop.”+
Voetnote
^ Of “vorste”.
^ Of “om oneerbiedig op te tree”.
^ Of “en hy bly hom inspan om goeie dinge te doen”.