Jesaja 23:1-18
-
Oordeelsboodskap teen Tirus (1-18)
23 ’n Oordeelsboodskap teen Tirus:+
Huil, o skepe van Tarsis!+
Want die hawe is verwoes. Dit is nie moontlik om daar in te gaan nie.
In die land Kittim+ is dit aan hulle geopenbaar.
2 Bly stil, o inwoners van die kusland.
Die handelaars van Sidon+ wat oor die see vaar, het jou ryk gemaak.
3 Die graan van Sihor*+ en die oes van die Nylrivier,jou bron van inkomste, is oor baie waters vervoeren het wins vir die nasies gebring.+
4 Skaam jou, o Sidon, vesting van die see,want die see het gesê:
“Ek het nie geboortepyne gehad nie, en ek het nie geboorte gegee nie.
Ek het ook nie jong manne grootgemaak of jong vroue opgevoed nie.”+
5 Mense sal angstig wees weens die berig oor Tirus,+net soos toe mense die berig oor Egipte+ gehoor het.
6 Vaar na Tarsis!
Huil, o inwoners van die kusland!
7 Is dit julle stad wat altyd vol vreugde was, van haar vroeë tye af?
Haar voete het haar na ver lande geneem om daar te woon.
8 Wie het hierdie besluit geneem teen Tirus,die stad wat krone uitgedeel het,wie se koopmanne leiers was,wie se handelaars regoor die aarde geëer was?+
9 Jehovah van die leërmagte het hierdie besluit geneem,om haar trots oor haar prag weg te neem,om almal wat regoor die aarde geëer is, te verneder.+
10 Stroom oor jou land soos die Nylrivier, o dogter van Tarsis.
Daar is nie meer ’n skeepswerf* nie.+
11 Hy het sy hand oor die see uitgesteek.
Hy het koninkryke geskud.
Jehovah het beveel dat Feniʹsië se vestings verwoes moet word.+
12 En hy sê: “Jy sal nie meer vreugdevol wees nie,+o onderdrukte, o maagdelike dogter van Sidon.
Staan op, vaar na Kittim.+
Selfs daar sal jy geen rus vind nie.”
13 Kyk! Die land van die Galdeërs.+
Dít is die volk – dit was nie Assiʹrië+ nie.
Hulle het haar ’n plek vir woestyndiere gemaak.
Hulle het hulle beleëringstorings opgerig.
Hulle het haar versterkte torings afgebreek+
en ’n ruïne van haar gemaak.
14 Huil, o skepe van Tarsis,want julle vesting is verwoes.+
15 In daardie dag sal Tirus 70 jaar lank vergeet word,+ die leeftyd van ’n koning. Aan die einde van 70 jaar sal dit met Tirus gaan soos in die lied van ’n prostituut:
16 “Neem ’n harp, stap rond in die stad, o vergete prostituut.
Speel so goed as wat jy kan op jou harp.
Sing baie liedjies,sodat hulle jou sal onthou.”
17 Aan die einde van 70 jaar sal Jehovah aandag skenk aan Tirus, en sy sal haarself weer uithuur en prostitusie pleeg met al die koninkryke van die aarde.
18 Maar haar wins en haar loon sal vir Jehovah iets heiligs word. Dit sal nie gebêre of opgespaar word nie, want haar loon sal wees vir dié wat voor Jehovah woon, sodat hulle genoeg kan hê om te eet en mooi klere kan dra.+