Die tweede boek van Kronieke 4:1-22
4 Toe het hy die koperaltaar+ gemaak. Dit was 20 el lank, 20 el breed en 10 el hoog.
2 Hy het die See*+ van gegote metaal gemaak. Dit was rond, 10 el van die een rand tot by die ander rand, 5 el hoog en 30 el in omtrek.*+
3 En daar was kalbasvormige versierings+ onder die rand, tien per el reg rondom die See. Daar was twee rye kalbasse, en hulle is saam met die See as een stuk gegiet.
4 Dit het op 12 bulle+ gestaan: 3 het noord gekyk, 3 het wes gekyk, 3 het suid gekyk en 3 het oos gekyk. Die See het op hulle gerus, en hulle agterkante was na die middel toe.
5 Die dikte daarvan was ’n handbreedte,* en die rand was soos die rand van ’n beker gemaak en het soos ’n lelie gelyk. Dit kon 3 000 bat* hou.
6 Hy het ook tien komme gemaak waarin hulle die dinge gewas het wat vir die brandoffer gebruik is.+ Hulle het vyf aan die regterkant van die huis gesit, en vyf aan die linkerkant.+ Maar die priesters het die water in die See gebruik om mee te was.+
7 Hy het toe tien goue lampstaanders+ volgens die instruksies gemaak+ en dit in die tempel gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant.+
8 Hy het ook tien tafels gemaak en dit in die tempel gesit, vyf aan die regterkant en vyf aan die linkerkant.+ En hy het 100 goue bakke gemaak.
9 Toe het hy die voorhof+ van die priesters,+ die groot voorhof+ en die deure vir die groot voorhof gemaak. En hy het die deure met koper oorgetrek.
10 En hy het die See aan die regterkant gesit, aan die suidoostekant.+
11 Hiram het ook die kanne, die grawe en die bakke gemaak.+
En Hiram het die werk voltooi wat hy vir koning Salomo aan die huis van die ware God gedoen het:+
12 die twee pilare+ en die bakvormige kopstukke wat bo-op die twee pilare was; die twee netwerke+ wat die twee pilare se bakvormige kopstukke bedek het;
13 die 400 granate+ vir die twee netwerke (daar was twee rye granate vir elke netwerk wat die twee pilare se bakvormige kopstukke bedek het);+
14 die tien waentjies* en die tien komme op die waentjies;+
15 die See en die 12 bulle daaronder;+
16 die kanne, die grawe, die vurke+ en al die ander voorwerpe wat Hiram-Abi*+ van blink gevryfde koper vir koning Salomo gemaak het vir die huis van Jehovah.
17 Die koning het dit in kleivorms gegiet in die Jordaandistrik, tussen Sukkot+ en Sereʹda.
18 Salomo het ’n groot hoeveelheid van al hierdie voorwerpe gemaak. Die gewig van die koper is nie bepaal nie.+
19 Salomo het al die voorwerpe vir die huis van die ware God gemaak:+ die goue altaar,+ die tafels+ vir die offerbrode,+
20 die lampstaanders en hulle lampe van suiwer goud+ (wat volgens die vereistes voor die binneste vertrek moes brand),
21 die bloeisels, die lampe en die snuiters* (van die suiwerste goud),
22 die blussers, die bakke, die bekers en die vuurbakke (van suiwer goud); en die ingang van die huis, die deure van die Allerheiligste+ en die deure van die huis van die tempel, wat met goud oorgetrek is.+
Voetnote
^ Of “waterbak”.
^ Of “’n maatlyn van 30 el was nodig om daarom te gaan”.
^ Of “waterwaentjies”.
^ Lett. “Hiram-Abiw”, ’n wisselvorm van die naam.
^ Of “tange”.