INDONESIË
Groot vooruitgang
Toe die leiers van die kerke van die Christendom hoor dat Jehovah se Getuies godsdiensvryheid gegee is, het hulle ontsteld protes aangeteken. Meer as 700 geestelikes en lekeleiers van sewe Protestantse kerke het ’n seminaar in Djakarta gehou om die regering aan te spoor om die verbod weer in te stel. Maar die regering het standvastig gebly.
Namate nuus regoor die land versprei het dat die verbod opgehef is, het baie belangstellendes aan die takkantoor geskryf om vir lektuur of ’n Bybelstudie te vra. In 2003 het meer as 42 000 mense die Gedenkmaal bygewoon, meer as dubbel die aantal verkondigers in die land. Byna 10 000 mense het ’n byeenkoms in Djakarta bygewoon, insluitende ’n hooggeplaaste amptenaar van die Departement van Godsdienssake. Die amptenaar was verbaas om te sien hoe jonk en oud in die gehoor die tekste in hulle Bybels naslaan. Hy het die broers verseker dat hy vasbeslote is om die verkeerde inligting wat oor Jehovah se Getuies versprei is, reg te stel.
Die einde van die verbod het ook die weg gebaan vir sendelinge om na Indonesië terug te keer. Die eerste sendelinge wat teruggekom het, was Josef en Herawati Neuhardt * (van die Salomonseilande), Esa en Wilhelmina Tarhonen (van Taiwan), Rainer en Felomena Teichmann (van Taiwan) en Bill en Nena Perrie (van Japan). Hulle is gevolg deur nuwe Gileadsendelinge wat na Noord-Soematra, Kalimantan, Noord-Sulawesi en ander afgesonderde gebiede gestuur is.
* bygewoon het, is aanvanklik opgelei terwyl daar ’n verbod op die werk was. Die nuwe skool het hulle gehelp om hulle toewysings uit te voer nadat die verbod opgehef is. Ponco Pracoyo, wat die eerste klas bygewoon het, het gesê: “Die skool het my gehelp om ’n meer medelydende en verantwoordelike kringopsiener te wees. Dit was verkwikkend en aanmoedigend!”
In 2005 het die takkantoor klasse vir twee nuwe teokratiese skole aangebied. Een van die instrukteurs vir die Bedieningsopleidingskool (nou die Skool vir Koninkrykspredikers), Julianus Benig, het gesê: “Ek het dit werklik geniet om die studente te help om hulle onderrig- en spreekvermoë te verbeter en selfs nuttiger te word vir die organisasie.” Baie gegradueerdes van hierdie skool dien nou as spesiale pioniers of kringopsieners. Die meeste broers wat die eerste klas van die Skool vir Reisende OpsienersDaar word in ’n dringende behoefte voorsien
Gedurende die 25 jaar lange verbod het die meeste gemeentes in Indonesië in klein huise vir aanbidding vergader. Min gemeentes het genoeg geld gehad om ’n Koninkryksaal te bou, en dit was amper onmoontlik om boupermitte vir nuwe plekke van aanbidding te verkry. Aangesien baie gemeentes vinnig gegroei het, het die takkantoor ’n Koninkryksaalbouafdeling (nou die Plaaslike Kantoor vir Ontwerp en Konstruksie) saamgestel om in hierdie dringende behoefte te voorsien.
Een van die eerste gebiede wat by die nuwe bouprogram baat gevind het, was Niaseiland in Noord-Soematra. “Toe ons hoor dat ons ’n nuwe Koninkryksaal kry, was ons verheug”, sê Haogo’aro Gea, wat al lank in die Gunungsitoli-gemeente is. “Die takkantoor het sewe vrywillige konstruksiewerkers gestuur om toesig te hou oor die projek. Die saal is in 2001 voltooi.” Faonasökhi Laoli, ’n lid van die plaaslike boukomitee, vertel: “Ons het voorheen in klein huise bymekaargekom, en die gemeenskap het op Jehovah se Getuies neergesien. Maar kort nadat ons die Koninkryksaal voltooi het, het ons gemiddelde vergaderingbywoning van 20 na 40 gestyg. Binne 12 maande het dit met meer as 500 persent toegeneem. Ons plek van aanbidding is die mooiste in die omgewing, en die gemeenskap respekteer Jehovah se Getuies.”
In 2006 het die broers in Bandung, Wes-Java, vir eiendom begin soek om die stad se eerste Koninkryksaal te bou. “Dit het 12 maande geneem om ’n gepaste stuk grond te vind”, sê Singap Panjaitan, ’n ouer man wat op die boukomitee gedien het. “Maar ten minste 60
nie-Getuie bure moes die projek goedkeur voordat die owerheid ons ’n boupermit sou gee. Op die ou end het 76 bure die projek ondersteun, insluitende ’n invloedryke vrou wat ons aanvanklik teëgestaan het. Toe die saal klaar gebou is, het ons ons bure en die burgemeester van Bandung na ’n ope dag genooi. Die burgemeester het gesê: ‘Hierdie skoon en netjiese plek van aanbidding stel ’n standaard wat alle ander kerke kan navolg.’” Die Koninkryksaal met twee verdiepings is in 2010 toegewy.Sedert 2001 is meer as 100 Koninkryksale in Indonesië gebou, maar daar is nog baie nodig.