Jesus Christus
Op watter belangrike manier gebruik Jehovah vir Jesus om Sy wil uit te voer?
Han 4:12; 10:43; 2Kor 1:20; Flp 2:9, 10
Sien ook Spr 8:22, 23, 30, 31; Joh 1:10; Op 3:14
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
Mt 16:13-17 – Die apostel Petrus identifiseer Jesus as die Christus en die Seun van God
-
Mt 17:1-9 – Jesus se voorkoms verander voor drie van sy apostels, en Jehovah praat uit die hemel oor sy Seun
-
Hoekom was Jesus uniek onder alle mense?
Joh 8:58; 14:9, 10; Kol 1:15-17; 1Pe 2:22
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
Mt 21:1-9 – Toe Jesus op ’n donkie by Jerusalem ingaan, vervul hy die profesie oor die Messiaanse Koning, wat Jehovah gekies het
-
Heb 7:26-28 – Die apostel Paulus verduidelik hoe Jesus, die grotere Hoëpriester, anders is as alle ander hoëpriesters
-
Wat leer Jesus se wonderwerke ons oor Jesus en sy Vader?
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
Mt 4:23, 24 – Jesus wys dat hy sterker is as die demone en dat hy enige soort siekte kan genees
-
Mt 14:15-21 – Jesus voed duisende honger mense wonderdadig deur vyf brode en twee visse te vermeerder
-
Mt 17:24-27 – Jesus verrig ’n wonderwerk sodat Petrus tempelbelasting kan betaal en niemand gestruikel word nie
-
Mr 1:40, 41 – Jesus voel jammer vir ’n melaatse en maak hom gesond, wat wys dat hy regtig die siekes wil genees
-
Mr 4:36-41 – Jesus bedaar ’n groot storm, wat wys dat sy Vader hom gesag gegee het om die natuurkragte te beheer
-
Joh 11:11-15, 31-45 – Jesus huil oor die dood van sy vriend Lasarus en dan gee hy hom ’n opstanding, wat wys dat hy die dood haat, en ook die pyn wat dit veroorsaak
-
Wat was die hoofboodskap van Jesus se leringe?
Wat is party goeie eienskappe wat Jesus getoon het terwyl hy op die aarde was? Kyk na ’n paar van hierdie eienskappe:
Gehoorsaam – Lu 2:40, 51, 52; Heb 5:8
Liefdevol – Joh 13:1; 14:31; 15:13; 1Jo 3:16
Medelye; genadig – Mr 5:25-34; Lu 7:11-15
Moedig – Mt 4:2-11; Joh 2:13-17; 18:1-6
Nederig – Mt 11:29; 20:28; Joh 13:1-5; Flp 2:7, 8
Toeganklik – Mt 13:2; Mr 10:13-16; Lu 7:36-50
Wys – Mt 12:42; 13:54; Kol 2:3
Hoekom het Jesus sy lewe opgeoffer, en hoe help dit ons?
Hoekom moet ons bly wees dat Jesus Christus as Koning in die hemel regeer?
Ps 72:12-14; Da 2:44; 7:13, 14; Op 12:9, 10
-
Bybelvoorbeelde wat jou kan help:
-
Ps 45:2-7, 16, 17 – Hierdie psalm wys dat die Koning wat God kies, al sy vyande sou oorwin en met waarheid, nederigheid en regverdigheid sou regeer
-
Jes 11:1-10 – Wanneer Jesus as Koning regeer, sal die aarde ’n vreedsame paradys wees
-
Wat sal Jesus in die nabye toekoms doen?