Spring na inhoud

Spring na inhoudsopgawe

Jehovah

Jehovah

Sy naam

Daar word gemeen dat Jehovah se naam “Hy laat word” beteken

Wat word Jehovah, of watter rolle neem hy aan, sodat hy vir sy knegte kan sorg?

Hoekom is die heiliging van God se naam die belangrikste van alles?

Hoekom verdien Jehovah, die Universele Soewerein, dat almal gehoorsaam aan hom moet wees?

Party van Jehovah se titels

Allerhoogste – Ge 14:​18-22; Ps 7:17

Almagtige – Ge 17:1; Op 19:6

Groot Onderrigter – Jes 30:20

Jehovah van die leërmagte – 1Sa 1:11

Koning van die ewigheid – 1Ti 1:17; Op 15:3

Majesteit – Heb 1:3; 8:1

Die Rots – De 32:4; Jes 26:4

Soewereine Heer – Jes 25:8; Am 3:7

Vader – Mt 6:9; Joh 5:21

Party van Jehovah se uitstaande eienskappe

Hoe maak Jehovah dit duidelik dat hy heilig is, en wat moet dit sy knegte beweeg om te doen?

Eks 28:36; Le 19:2; 2Kor 7:1; 1Pe 1:​13-16

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Jes 6:​1-8 – Die profeet Jesaja is eers oorweldig deur ’n visioen wat Jehovah se heiligheid beklemtoon, maar ’n seraf herinner hom dat selfs sondige mense rein in God se oë kan wees

    • Ro 6:​12-23; 12:​1, 2 – Die apostel Paulus verduidelik hoe ons teen ons sondige neigings kan veg en “’n rein lewe” kan lei

Hoe groot is Jehovah se krag, en wat is party maniere hoe hy dit gebruik?

Eks 15:​3-6; 2Kr 16:9; Jes 40:​22, 25, 26, 28-31

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • De 8:​12-18 – Die profeet Moses sê vir die Israeliete dat hulle baie goeie dinge het omdat Jehovah Sy krag ten behoewe van hulle gebruik

    • 1Kn 19:​9-14 – Jehovah moedig sy profeet Elia wat depressief is, aan deur hom Sy groot krag te wys

Hoekom kan ons op Jehovah se geregtigheid vertrou?

De 32:4; Job 34:10; 37:23; Ps 37:28; Jes 33:22

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • De 24:​16-22 – Jehovah se wette wat hy vir Moses gee, wys dat hy altyd regverdig, liefdevol en genadig is

    • 2Kr 19:​4-7 – Koning Josafat herinner die regters wat hy aanstel dat hulle Jehovah se geregtigheid verteenwoordig, en nie mense s’n nie

Wat wys dat Jehovah wyser is as enige iemand anders?

Ps 104:24; Spr 2:​1-8; Jer 10:12; Ro 11:33; 16:27

Sien ook Ps 139:14; Jer 17:10

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 1Kn 4:​29-34 – Jehovah maak koning Salomo wyser as enige ander mens wat op daardie stadium lewe

    • Lu 11:31; Joh 7:​14-18 – Jesus is baie wyser as Salomo, maar hy erken dat sy wysheid van Jehovah af kom

Hoe het Jehovah gewys dat liefde sy hoofeienskap is?

Joh 3:16; Ro 8:32; 1Jo 4:​8-10, 19

Sien ook Sef 3:17; Joh 3:35

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • Mt 10:​29-31 – Jesus gebruik die mossie om te illustreer hoeveel Jehovah elkeen van Sy menseknegte liefhet en waardeer

    • Mr 1:​9-11 – Jehovah praat met sy Seun uit die hemel en gee hom openlik wat elke kind van ’n ouer nodig het – erkenning, liefde en goedkeuring

Wat is nog redes hoekom ons lief is vir Jehovah? Die Bybel wys dat Jehovah baie goeie eienskappe het. Party van hulle is:

Ewig; sonder begin of einde – Ps 90:2; 93:2

Geduldig – Jes 30:18; 2Pe 3:9

Gelukkig – 1Ti 1:11

Genadig – Eks 34:6

Glorieryk – Op 4:​1-6

Goedhartig – Lu 6:35; Ro 2:4

Indrukwekkend – Ps 8:1; 148:13

Lojaal – Op 15:4

Medelye – Jes 49:15; 63:9; Sag 2:8

Nederig – Ps 18:35

Onveranderlik; betroubaar – Mal 3:6; Jak 1:17

Regverdig – Ps 7:9

Sien alles – 2Kr 16:9; Spr 15:3

Vreedsaam – Flp 4:9

Vrygewig – Ps 104:​13-15; 145:16

Wat sal gebeur wanneer ons Jehovah God beter leer ken?

Hoe ons Jehovah kan dien

Wat wys dat Jehovah nie meer van sy knegte vereis as wat redelik is nie?

De 10:12; Mi 6:8; 1Jo 5:3

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • De 30:​11-14 – Die Wet wat deur middel van die profeet Moses gegee is, is nie te moeilik vir die Israeliete om te gehoorsaam nie

    • Mt 11:​28-30 – Jesus sê vir sy volgelinge dat hy ’n liefdevolle Meester is, en Jesus is presies soos Jehovah

Hoekom is dit gepas dat ons Jehovah verheerlik?

Ps 105:​1, 2; Jes 43:​10-12, 21

Sien ook Jer 20:9; Lu 6:45; Han 4:​19, 20

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

Hoe kan ons gedrag veroorsaak dat ander Jehovah verheerlik?

Hoekom moet ons nader aan Jehovah kom?

Hoe help nederigheid ons om nader aan God te kom?

Watter rol speel Bybellees en bepeinsing daarin dat ons nader aan Jehovah kom?

Hoekom moet ons toepas wat ons oor Jehovah leer?

Hoekom moet ons nooit probeer om iets vir Jehovah weg te steek nie?

Job 34:22; Spr 28:13; Jer 23:24; 1Ti 5:​24, 25

  • Bybelvoorbeelde wat jou kan help:

    • 2Kn 5:​20-27 – Gehasi probeer sy sonde wegsteek, maar Jehovah laat Sy profeet Elisa toe om die waarheid te sien

    • Han 5:​1-11 – Ananias en Saffira probeer hulle sonde wegsteek, maar Jehovah laat die waarheid uitkom en straf hulle omdat hulle gelieg het